MARKANALISE
Op wolveiling CE32, het die Cape Wools Merino aanwyser met 0.9% vir nie-gesertifiseerde wol gedaal en met 1.1% vir gesertifiseerde wol verswak, teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R147.15/kg en R164.01/kg, onderskeidelik gesluit. Op die OVK veiling is 1028 bale aangebied, waarvan 98.35% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R151.00/kg (skoon prys: R205.16/kg), is behaal vir ‘n 1 baal lot CL van 17 mikron, uit die skeersel van Leeu-Petra Boerdery , vanuit die Philipstown distrik. Die koper was Stucken & Co. Baie geluk met hierdie prestasie!
OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 35 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.
MARKET ANALYSES
On wool auction CE32, the Cape Wools Merino indicator decreased by 0.9% for non-certified wool, and eased by 1.1% for certified wool, compared to the previous sale and closed at a clean price of R147.15/kg and R164.01/kg, respectively. On the OVK auction 1028 bales were offered, of which 98.35% was sold. The highest price on the OVK auction, of R151.00kg (clean price: R205.16/kg), was achieved for a 1 bale lot CL of 17 microns, from the clip of Leeu-Petra Boerdery , from the Philipstown district. The buyer was Stucken & Co. Congratulations on this achievement!
OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact the OVK Fibre offices in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Producers must also bear in mind that the OVK loyalty scheme awards farmers 35 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.