MARKANALISE
Op wolveiling CE31, het die Cape Wools Merino aanwyser met 0.1% vir nie-gesertifiseerde wol gestyg en met 0.3% vir gesertifiseerde wol verswak, teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R148.52/kg en R165.78/kg, onderskeidelik gesluit. Op die OVK veiling is 1970 bale aangebied, waarvan 91.98% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R158.90/kg (skoon prys: R217.70/kg), is behaal vir ‘n 1 baal lot AFY van 16.6 mikron, uit die skeersel van Jandourie Boerdery BK , vanuit die Noupoort distrik. Die koper was Tianyu SA. Baie geluk met hierdie prestasie!
OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 35 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.
MARKET ANALYSES
On wool auction CE31, the Cape Wools Merino indicator improved by 0.1% for non-certified wool, and eased by 0.3% for certified wool, compared to the previous sale and closed at a clean price of R148.52/kg and R165.78/kg, respectively. On the OVK auction 1970 bales were offered, of which 91.98% was sold. The highest price on the OVK auction, of R158.90kg (clean price: R217.70/kg), was achieved for a 1 bale lot AFY of 16.6 microns, from the clip of Jandourie Boerdery BK , from the Noupoort district. The buyer was Tianyu SA. Congratulations on this achievement!
OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact the OVK Fibre offices in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Producers must also bear in mind that the OVK loyalty scheme awards farmers 35 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.