WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT
6 MAART / MARCH 2024
MARKANALISE
Op wolveiling CE24, het die Cape Wools Merino aanwyser met 0.5% vir nie-RWS wol en met 1.2% vir RWS wol gedaal, teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R153.28/kg en R171.52/kg, onderskeidelik gesluit. Op die OVK veiling is 1826 bale aangebied, waarvan 97.43% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R184.90/kg (skoon prys: R240.85/kg), is behaal vir ‘n 1 baal lot AAFY van 15.5 mikron, uit die skeersel van Diereproduksie Navorsing Trust , vanuit die Caledon distrik. Die koper was Tianyu SA. Baie geluk met hierdie prestasie!
OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 16 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.
MARKET ANALYSES
On wool auction CE24, the Cape Wools Merino indicator decreased by 0.5% for non-RWS and 1.2% for RWS wool, compared to the previous sale and closed at a clean price of R153.28/kg and R171.52/kg, respectively. On the OVK auction 1826 bales were offered, of which 97.43% was sold. The highest price on the OVK auction, of R184.90/kg (clean price: R240.85/kg), was achieved for a 1 bale lot AAFY of 15.5 microns, from the clip of AnimalProduction Research Trust , from the Caledon district. The buyer was Tianyu SA. Congratulations on this achievement!
OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact the OVK Fibre offices in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Producers must also bear in mind that the OVK loyalty scheme awards farmers 16 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.