WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT
17 JANUARIE / JANUARY 2024
MARKANALISE
Op wolveiling CE17, het die Cape Wools Merino aanwyser met 1.4% vir nie-RWS wol en met 1.1% vir RWS wol gedaal, teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R158.30/kg en R180.28/kg, onderskeidelik gesluit. Op die OVK veiling is 2848 bale aangebied, waarvan 96.35% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R240.50/kg (skoon prys: R316.07/kg), is behaal vir ‘n 2 baal lot BBH van 15.6 mikron, uit die skeersel van IA Isted, vanuit die Barkly Oos distrik. Die koper was Standard Wools SA. Baie geluk met hierdie prestasie!
OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 16 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.
MARKET ANALYSES
On wool auction CE17, the Cape Wools Merino indicator decreased by 1.4% for non-RWS and 1.1% for RWS wool, compared to the previous sale and closed at a clean price of R158.30/kg and R180.28/kg, respectively. On the OVK auction 2848 bales were offered, of which 96.35% was sold. The highest price on the OVK auction, of R240.50/kg (clean price: R316.07/kg), was achieved for a 2 bale lot BBH of 15.6 microns, from the clip of IA Isted, from the Barkly East district. The buyer was Standard Wools SA. Congratulations on this achievement!
OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact the OVK Fibre offices in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Producers must also bear in mind that the OVK loyalty scheme awards farmers 16 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.