MARKANALISE
Op wolveiling CC11, het die Cape Wools Merino aanwyser met 2.3% vir nie-RWS en 3.2% vir RWS wol gedaal, teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R157.79/kg en R166.91/kg, onderskeidelik gesluit. Op die OVK veiling is 1 824 bale aangebied, waarvan 93.5% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R175.00/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot CL van 16.0 mikron, uit die skeersel van Emden Boerdery, vanuit die Fouriesburg distrik. Die koper was Lempriere SA. Baie geluk met hierdie prestasie!
OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 32 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.
MARKET ANALYSES
On wool auction CC11, the Cape Wools Merino indicator decreased by 2.3% for non-RWS and 3.2% for RWS wool, compared to the previous sale and closed at a clean price of R157.79/kg and R166.91/kg, respectively. On the OVK auction 1 824 bales were offered, of which 93.5% was sold. The highest price on the OVK auction, of R175.00/kg, was achieved for a 1 bale lot CL of 16.0 microns, from the clip of Emden Boerdery, from the Fouriesburg district. The buyer was Lempriere SA. Congratulations on this achievement!
OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact the OVK Fibre offices in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Producers must also bear in mind that the OVK loyalty scheme awards farmers 32 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.