MARKANALISE
Op wolveiling CC05, het die Cape Wools Merino aanwyser met 3.9% vir nie-RWS en 3.7% vir RWS wol gedaal, teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R159.80/kg en R168.27/kg, onderskeidelik gesluit. Op die OVK veiling is 1 934 bale aangebied, waarvan 90.1% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R188.00/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot AH van 17.9 mikron, uit die skeersel van GFJ Viljoen Familie Trust, vanuit die Richmond distrik, Noord-Kaap. Die koper was VBC Wool. Baie geluk met hierdie prestasie!
OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 32 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.
MARKET ANALYSES
On wool auction CC05, the Cape Wools Merino indicator decreased by 3.9% for non-RWS and 3.7% for RWS wool, compared to the previous sale and closed at a clean price of R159.80/kg and R168.27/kg, respectively. On the OVK auction 1 934 bales were offered, of which 90.1% was sold. The highest price on the OVK auction, of R188.00/kg, was achieved for a 1 bale lot AH of 17.9 microns, from the clip of GFJ Viljoen Familie Trust, from the Richmond district, Northern Cape. The buyer was VBC Wool. Congratulations on this achievement!
OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact the OVK Fibre offices in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Producers must also bear in mind that the OVK loyalty scheme awards farmers 32 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.