NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CB10_2021

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CB10_2021

geplaas op Wo., 20 Okt. 2021

Cape Wools Merino aanwyser styg met 2.2% en 97.9% van die aanbieding is verkoop / Cape Wools Merino indicator increases by 2.2% and 97.9% of the offering was sold

MARKANALISE

Die 10de wolveiling van die 2021/2022 seisoen, het op 20 Oktober plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 2.2% gestyg teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R166.78/kg gesluit.  Die Australiese EMI het ook met 3.5% gestyg teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling, 2.4% sterker verhandel teen die VSA Doller en ook 1.7% versterk teen die Euro. Die grootste styging van 6.9% op hierdie veiling, was in die 22.5 mikron segment. Lempriere SA het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur G. Modiano SA, Tianyu SA en Standard Wool SA. Daar is in totaal 8 181 bale aangebied, waarvan 97.9% verkoop is en 40% van die aanbieding was gesertifiseer.

Op die OVK veiling is 2 372 bale aangebied, waarvan 99.3% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R217.50/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot BH van 16.4 mikron, uit die skeersel van Moerbeidal Boerdery, van die Rouxville distrik. Die koper was Standard Wool SA. Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

Ten spyte van die swakker aanbieding en die versterking van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede het die Suid-Afrikaanse wolmark goed gevaar die week. Die aansienlike versterking in die Australiese wolmark kan 'n positiewe aanduiding vir die korttermyn wees. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 11.2% laer, vergeleke die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen.

Volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weereens goeie aandag geniet op die veiling, veral in die medium mikron segment en gesorg vir gesonde kompetisie tussen kopers. Ons nooi weereens produsente uit om te skakel met OVK, om u by te staan in die RWS sertifiseringsproses, want naspeurbaarheid is 'n tendens van die toekoms wat gekom het om te bly. Die volgende veiling is geskeduleer vir 27 Oktober 2021, waar sowat 8 059 bale aangebied sal word. Inweeg vir die laaste veiling van 2021, sluit op 3 November 2021. Dit sal vir katalogus CB16 wees.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSES

The 10th wool auction of the 2021/2022 season, took place on 20 October. The Cape Wools Merino indicator traded 2.2% higher, compared to the previous sale and closed at a clean price of R166.78/kg. The Australian EMI also increased by 3.5%, compared to the previous sale. The Rand traded 2.4% stronger against the US Dollar and also gained 1.7% to the Euro, compared to the previous auction. The largest increase on this auction, of 6.9%, was in the 22.5 micron segment. Lempriere SA was the major buyer on this auction, followed by G. Modiano SA, Tianyu SA and Standard Wool SA. A total of 8 181 bales were on offer, of which 97.9% was sold and 40% of the offer was certified.

On the OVK auction 2 372 bales were offered, of which 99.3% was sold. The highest price on the OVK auction, of R217.50/kg, was achieved for a 1 bale lot BH of 16.4 microns, from the clip of Moerbeidal Boerdery, from the Rouxville district. The buyer was Standard Wool SA. Congratulations on this achievement! 

FORECAST

Despite the offering being of a lower quality and the strengthening of the Rand against the most influential currencies, the South African wool market still performed well this week. The considerable increase in the Australian wool market can be a positive indication for the short term. The receival of wool in the brokers’ stores this week is 11.2% lower, compared to the same time of the previous season.

Sustainable certified (RWS), good quality Merino wool, again enjoyed good attention on the auction, especially in the medium micron segment and saw healthy competition amongst buyers. We again invite farmers to contact OVK for assistance in the RWS certification process, because traceability is a future tendency, that came to stay. The next auction is scheduled for 27 October 2021, where approximately 8 059 bales will be on offer. Weigh-in for the last auction of 2021, will close on 3 November 2021. That will be for catalogue CB16.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus September 2024
OVK Nuus September 2024
Adverteer Hier Lees Meer