NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA21_2020

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA21_2020

geplaas op Wo., 10 Feb. 2021

Cape Wools Merino aanwyser daal met 2.0% en 95.8% van die aanbieding is verkoop / Cape Wools Merino indicator increases by 2.0% and 95.8% of the offering was sold

MARKANALISE.

Die 21ste wolveiling van die 2020/21 seisoen, het hierdie week, op 10 Februarie plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 2.0% gedaal teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R159.22/kg gesluit. Die Australiese EMI het met 0.9% verswak teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling, 1.7% sterker verhandel teen die VSA Dollar en 1.0% versterk teen die Euro. Die grootste daling van 5.3%, was in die 18 mikron segment. Lempriere SA  het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur  Standard Wool SA, G.Modiano SA en Tianyu SA. Daar is in totaal 8 083 bale aangebied, waarvan 95.8% verkoop is.

Op die OVK veiling is 3 145 bale aangebied waarvan 93.8% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R158.00/kg, is behaal vir ‘n 2 baal lot DDY van 16.9 mikron, uit die skeersel van P Fouche, Rouxville. Die koper was Standard Wool SA. Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

Die daling in die SA wolmark hierdie week kan grootliks toegeskryf word aan die versterking van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede. Vooruitsigte vir die volgende week, is dat met die klein aanbieding, dat die kompetisie vir die beter Merino-tipe wol behoort te stimuleer. Met die gesamentlike effek van die Chinese Nuwejaarsvieringe wat na 'n einde toe beweeg, behoort ons 'n moontlike positiewe beweging in die wolmark te sien. Fynwol bly in sterk aanvraag en daarom is die verwagting dat negatiewe beweging minimaal op hierdie tipes wol behoort te wees. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 0.8% laer vergeleke die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen.

Volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weereens goeie aandag geniet op die veiling en gesorg vir gesonde kompetisie tussen kopers. Sertifisering bly 'n belangrike aspek en is 'n toekomsneiging wat gekom het om te bly. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 17 Februarie 2021, waar sowat 5 892 bale aangebied sal word

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSES

The 21st wool auction of the 2020/21 season, took place this week on 10 February. The Cape Wools Merino indicator traded 2.0% lower, compared to the previous sale and closed at a clean price of R159.22/kg. The Australian EMI also decreased by 0.9%, compared to the previous sale. Compared to the rate of the previous sale, the Rand traded 1.7% stronger against the US Dollar and 1.0% stronger to the Euro. The largest decrease this week, of 5.3%, was in the 18 micron segment.  Lempriere SA was the major buyer on the auction this week, followed by Standard Wool SA, G.Modiano SA and Tianyu SA. A total of 8 083 bales were on offered, of which 95.8% was sold.

On the OVK auction 3 145 bales were offered, of which 93.8% was sold. The highest price on the OVK auction, of R158.00/kg, was achieved for a 2 bale lot DDY of 16.9 microns, from the clip of the P Fouche, Rouxville. The buyer was Standard Wool SA. Congratulations on this achievement! 

FORECAST

The decrease in the SA wool market this week can be mainly attributed to the strengthening of the Rand against the main currencies. Expectations for next week, is that with the small offering, the competition for the better Merino type wool might be stimulated. Along with the effect of the Chinese New Year celebrations coming to an end, we expect to possibly see a positive movement in the wool market.  The receival of wool in the brokers’ stores this week is 0.8% lower compared to the same time of the previous season.

Sustainable certified (RWS) good quality Merino wool, again enjoyed good attention on the auction and saw healthy competition amongst buyers. Certification is continuing to be an important aspect and is a future trend that came to stay. We invite farmers to contact OVK for assistance in the certification process. The next wool auction is scheduled for 17 February 2021, where roughly 5 892 bales will be on offer.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer