NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA15_2020

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA15_2020

geplaas op Wo., 25 Nov. 2020

Cape Wools Merino aanwyser daal met 1.4% en 96.1% van die aanbieding is verkoop / Cape Wools Merino indicator decreases by 1.4% and 96.1% of the offering was sold

MARKANALISE.

Die 15de wolveiling van die 2020/21 wolseisoen het hierdie week, op 25 November plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 1.4% gedaal teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R142.03/kg gesluit. Die Australiese EMI het met 0.3% verswak teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling, 0.5% sterker verhandel teen die VSA Dollar en 0.5% versterk teenoor die Euro. Die grootste daling van 2.6%, was in die 20.5 mikron segment. G.Modiano SA het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Lempriere SA, Standard Wool SA en Tianyu SA. Daar is in totaal 13 083 bale aangebied, waarvan 96.1% verkoop is.

Op die OVK veiling is 3 868 bale aangebied waarvan 92.2% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R143.00/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot BF van 16.3 mikron, uit die skeersel van die CJ Conradie, Prieska. Die koper was Standard Wool SA. Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

 

Die Rand wat die afgelope maand konstant versterk teenoor die vernaamste geldeenhede  en die wêreldwye onsekerheid oor die stand van Covid-19, het alles 'n negatiewe impak op die Suid-Afrikaanse wolmark. Die groot hoeveelheid bale wat op die volgende veiling aangebied gaan word, kan moontlik die wolmark negatief beïnvloed. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 3.5% laer vergeleke die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen.

Volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weereens goeie aandag geniet op die veiling en gesorg vir gesonde kompetisie tussen kopers en 37% van die Merino wol aanbieding uitgemaak.  Produsente kan gerus kennis neem hiervan en ook aanvaar dat dit 'n toekomsneiging is wat gekom het om te bly. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 02 Desember 2020, waar 18 357 bale aangebied sal word. Dit is dan ook die laaste veiling van 2020.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

 

MARKET ANALYSES

 

The 15th wool auction of the 2020/21 season took place this week on 25 November. The Cape Wools Merino indicator traded 1.4% lower, compared to the previous sale and closed at a clean price of R142.03/kg. The Australian EMI also decreased by 0.3%, compared to the previous sale. Compared to the rate of the previous sale, the Rand traded 0.5% stronger against the US Dollar and 0.5% stronger to the Euro. The largest decrease this week, of 2.6%, was in the 20.5 micron segment. G.Modiano SA was the major buyer on the auction this week, followed by Lempriere SA, Standard Wool SA and Tianyu SA. A total of 13 083 bales were on offer, of which 96.1% was sold.

On the OVK auction 3 868 bales were offered, of which 92.2% was sold. The highest price on the OVK auction, of R143.00/kg, was achieved for a 1 bale lot BF of 16.3 microns, from the clip of the CJ Conradie, Prieska. The buyer was Standard Wool SA. Congratulations on this achievement! 

FORECAST

 

The Rand, displaying a constant strengthening against the most important currencies and the global uncertainty on the state of Covid-19, are all having a negative effect on the South-African wool market. The large quantity of bales which will be on offer on next week's auction might have a negative influence on the wool market. The receival of wool in the brokers’ stores this week is 3.5% lower compared to the same time of the previous season.

Sustainable certified (RWS), good quality Merino wool, was in high demand on the auction and enjoyed healthy competition amongst the buyers and made out 37% of the Merino wool offer. Producers have to take note of this and also accept that this is a future trend which has come to stay. We invite farmers to contact OVK for assistance in the certification process. The next wool auction is scheduled for 02 December 2020, where 18 357 bales will be on offer. This will also be the last auction of 2020.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer