NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA01_2020

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA01_2020

geplaas op Do., 13 Aug. 2020

Hierdie week het die SA wolmark laer verhandel / This week saw the SA wool market traded lower


MARKANALISE

Die 1ste wolveiling van die 2020/21 wolseisoen het hierdie week op die 12de Augustus plaasgevind en die Cape Wools Merino aanwyser het met 5.7% gedaal teenoor die laaste veiling van die vorige seisoen en teen 'n skoonprys van R137.38/kg gesluit. Die Australiese EMI het met 11.5% verswak. Die Rand het met 2.2% swakker verhandel teen die VSA Dollar en 6.7% verswak teen die Euro, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling. Die grootste daling van 6.3% was in die 21 mikron segment. Standard Wool SA het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Lempriere SA, G. Modiano SA en Stucken & Co.

Daar is in totaal 8146 bale aangebied, waarvan 94.5% verkoop is. Op die OVK veiling is 2779 bale aangebied waarvan 92.8% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling van R146.00/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot BFY van 16.3 mikron, uit die skeersel van JP de Villiers, Bredasdorp. Die koper was Standard Wool SA. Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

Hierdie week het die SA wolmark laer verhandel, in vergelyking met die laaste veiling van die vorige seisoen, maar het steeds heelwat beter presteer as die Australiese mark. Hierdie daling kan toegeskryf word aan die voortdurende onsekerheid in wêreldmarkte, wat nog geruime tyd kan voortduur. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 40.5% laer as die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen. 

Vandeesweek se veiling het weereens getoon dat volhoubaar gesertifiseerde wol steeds goeie aandag geniet en het gesorg vir gesonde kompetisie onder kopers. Produsente kan dus gerus kennis neem hiervan. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Die volgende veiling is geskeduleer vir 19 Augustus, waar sowat 6893 bale aangebied sal word. Hierdie verslag deur Heinrich Victor, Bestuurder Spesiale Dienste  Vesel – OVK.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSES

The 1st wool auction of the 2020/21 season took place this week on the 12th of August. The Cape Wools Merino indicator traded 5.7% lower compared to the last sale of the previous season and closed at a clean price of R137.38/kg. The Australian EMI decreased by 11.5%. The Rand traded 2.2% weaker against the US Dollar and 6.1% weaker to the Euro, compared to the rate of the previous sale. The largest decrease this week, of 6.3%, was in the 21 micron segment. Standard Wool SA was the major buyer on the auction this week, followed by Lempriere SA, G. Modiano SA and Stucken & Co.

A total of 8146 bales were on offer, of which 94.5% was sold. On the OVK auction 2779 bales were offered of which 92.8% was sold. The highest price on the OVK auction of R146.00/kg, was achieved for a 1 bale lot BFY of 16.3 microns, from the clip of JP de Villiers, Bredasdorp. The buyer was Standard Wool SA. Congratulations on this achievement! 

FORECAST

This week saw the SA wool market traded lower, compared to the last auction of the previous season, but still performed significantly better than the Australian market. This decrease can be attributed to the continuing uncertainty in global markets, which could last for some time to come. The receival of wool in the brokers’ stores this week is 40.5% lower, compared to the same time of the previous season.

This week’s auction showed again that sustainable certified wool still enjoys good attention and attracted healthy competition amongst buyers. Producers have to take note of this. We invite farmers to contact OVK for assistance in the certification process. The next sale is scheduled for the 19th of August, where 6893 bales will be on offer. This report by Heinrich Victor, Manager Special Services Fibre – OVK.                 

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.             


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer