KENNISGEWINGS

  OVK Bystandsfonds / OVK Benevolent Fund - kliek hier vir meer inligting / click here for more information        

NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
MEDIAVERKLARING DEUR GRAAN SA - GRAAN SA & BAYER SÊ DANKIE

MEDIAVERKLARING DEUR GRAAN SA - GRAAN SA & BAYER SÊ DANKIE

geplaas op Do., 18 Jun. 2020

Graan SA, in samewerking met Bayer SA wil al die produsente bedank vir hul ruim bydrae tot voedsel vir mense in nood en ook vir voer vir diere in droogtegeteisterde gebiede gedurende hierdie moeilike tye.

GRAAN SA & BAYER SÊ DANKIE

Graan SA, in samewerking met Bayer SA wil al die produsente bedank vir hul ruim bydrae tot voedsel vir mense in nood en ook vir voer vir diere in droogtegeteisterde gebiede gedurende hierdie moeilike tye.

Bayer staan agter ons produsente en wil graag dankie sê!

Bayer lewer 'n bydrae van 2,250 sakke saad ter waarde van R8,1miljoen.

Ons mikpunt is om 4,500 ton mielies wat deur produsente geskenk word, te bereik. Dit sal miljoene maaltye beteken, wat behoeftige gemeenskappe onderhou.

Produsente sal een sak saad (kultivar van hul keuse) ontvang vir elke 2 ton wit/geel mielies wat geskenk word.

Dit sal beperk word tot 'n maksimum van 5 sakke saad per boer, wat gelyk is aan 10 ton mielies per boer ten einde verskillende boere te ondersteun.

Hierdie aanbod sal ophou, wanneer:

Die limiet van 2,250 sakke bereik word.

Teen die verstrykingsdatum van 15 September 2020; watter een ookal eerste plaasvind.

Hoe dit sal werk:

Boere kan enige voorkeurinisiatief by enige van die landboubesighede ondersteun, of dit nou skenkings is vir voedsel vir mense of om diere te voer in gebiede wat deur droogte geraak word.

Boere moet 'n bewys van aflewering (met vermelding van die tonnemaat) by Christa Herbst per e-pos indien: christa.herbst@grainsa.co.za

Boere moet hul graanskenkings onder die spesifieke afleweringsnommer, soos hieronder aangedui maak, vir Graan SA om te kontroleer (GSA sal oudit en beheer). Dit sal op 'n daaglikse basis gekontroleer en gerapporteer word.

Die volgende inligting moet in die e-pos ingesluit word:

Kontaknaam

Kontaknommer

Distrik

Bewys van aflewering (met afleweringsnommer) mielies (wit of geel) per e-pos sodat Graan SA en Bayer u kan kontak.

Graan SA sal die name van die produsente, hul kontakbesonderhede en die tonne wat geskenk word, aan Bayer voorsien.

Bayer sal met hul verkoopspan in die verskillende streke naaste aan die produsent reël om die sak(ke) van hul keuse te lewer.

Bayer sal hierdie Graan SA-inisiatief verder ondersteun deur 60 ton mieliegraan vir droogte-geaffekteerde gebiede te skenk.

Vir ons produsente wat die droogteprojek vir veevoer wil ondersteun, kan die volgende folienommers op Graan SA gelewer word:

LANDBOUBESIGHEID       LEWERINGSNOMMER

SENWES            

AFGRI

NWK   

TWK    

OVK      Bystandsfonds 859746  / Droogtehulp 858815

Suidwes Landbou          

Ons wil ons lede bedank vir hul volgehoue ondersteuning.


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Junie 2020
OVK Nuus Junie 2020
Adverteer Hier Lees Meer