NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT S04(2)_2020

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT S04(2)_2020

geplaas op Di., 02 Jun. 2020

Daar was goeie kompetisie tussen die plaaslike verwerkers op die meeste tipes / There was good competition from the local processors on most types.

MARKANALISE

Die tweede rondte van die vierde sybokhaarveiling van die 2020 somerseisoen het gemengde resultate opgelewer. Daar was goeie kompetisie tussen die plaaslike verwerkers op die meeste tipes. Grootbokhaar asook die sterker jongbokhaar veral, het minder aandag geniet. Vergeleke die vorige veiling het kleinbokkies 0.5% gestyg, jongbokke is 3.0% laer en grootbokke 0.7% laer. Die beste prys van die dag het gegaan aan Sarel Du Plessis van Oudtshoorn teen R560.00/kg vir ‘n baaltjie somer kleinbokkiehaar! Hierdie baal bo gemiddelde styl haar het 22.6 mikron getoets met ‘n skoonopbrengs van 96.9%.

Vandag se veilingsanalise is as volg:  Kleinbokkiehaar styg met 0.5% met `n markaanwyser van R427.79/kg  en 100%  is verkoop;  jongbokhaar daal met 3.0% met `n markaanwyser van R264.39/kg en `n verkoopspersentasie van 91%. Grootbokhaar daal met 0.7% met `n markaanwyser van R178.90/kg en 86% verkoop. Dit het die totale verkope op 86.5% te staan gebring met `n markaanwyser van R244.98/kg wat 0.9% laer is. 

MARKVOORUITSIGTE

Daar was weer ‘n duidelike aanvraag na die fyner (31 mikron en fyner) tipes. Spesiale aandag moet in die klasseringsproses van die skeersel geskenk word aan die verdeling tussen fynhede. Dit is die ideale geleentheid vir die bogemiddelde boer om die EGT-proses tot sy voordeel aan te wend. Die prysvlakke van sterk jongbokhaar en grootbokhaar gaan onder druk verkeer in die afsienbare toekoms totdat Europa weer tot die mark gaan toetree. Die volgende veiling word op 15 Junie 2020 in Port Elizabeth aangebied.

 

MARKET ANALYSIS

The second round of the fourth mohair sale of the 2020 summer selling season had some mixed results. There was good competition from the local processors on most types. Adult hair as well as the stronger young goat hair received less attention. Compared to the previous sale, kids were 0.5% dearer, young goats down by 3.0% and adults down by 0.7%. The best price of the day went to Sarel du Plessis of Oudtshoorn at R560.00/kg! This above average style summer kid bale tested 22.6 micron with a clean yield of 96.9%.    

Today's sales analysis is as follows: The price of kids increased by 0.5% with a market indicator of R427.79/kg and a 100% sale clearance; young goat hair decreased by 3.0% with a market indicator of R264.39/kg and a sale clearance of 91%. Adult mohair decreased by 0.7% with a market indicator of R178.90/kg and 86% sold. This brought the overall sale clearance to 86.5% and the overall market indicator to R244.98/kg which is 0.9 % lower.

MARKET OUTLOOK

There is a definite demand for the finer microns (31micron and finer) and special care must be taken to separate the finer microns from the stronger ones. This makes EGT a logical choice for the better than average farmer. The price levels for strong young goat mohair as well as that of adult mohair will remain under pressure until Europe is back in the market. The next sale will be offered on 15th of June 2020 in Port Elizabeth. 


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer