NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CV26_2020

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CV26_2020

geplaas op Do., 07 Mei 2020

Met hierdie veiling het die SA wolmark verswak, in vergelyking met die vorige veiling / This auction saw a decrease in the SA wool market, compared to the previous auction.

MARKANALISE

Die 26ste wolveiling van die 2019/20 seisoen het oor die afgelope 2 weke plaasgevind en die Cape Wools aanwyser het met 9.6% swakker verhandel teenoor die vorige veiling en teen  'n skoonprys van R149.67/kg gesluit. Die Australiese EMI het met 8.2% verswak. Die Rand het met 3.2% sterker verhandel, teenoor die VSA dollar, in week 1 en dieselfde vlakke gehandhaaf tydens week 2, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling. Te midde van die vlak-4 koronavirus-inperkingsregulasie in Suid-Afrika, kon ‘n konvensionele wolveiling weer plaasvind vir hierdie katalogus. Fyner tipes wol het relatief goed presteer, terwyl sterker en ondergeskikte tipes geweldige afwaartse druk ervaar het. Die grootste daling, van tot 13.9%, was in die 22 mikron segment. Standard Wool het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Lempriere SA, Stucken en Modiano. Daar is in totaal 12091 bale aangebied, waarvan 80.5% verkoop is.

Op die OVK veiling is 3015 bale aangebied waarvan 78.6% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling van R139.90/kg is behaal vir ‘n 2 baal lot CL van 16.1 mikron, uit die skeersel van Tibaya Farming Project (Pty) Ltd. van Carolina. Die koper was Tianyu SA. Baie geluk met die prestasie!

VOORUITSIGTE

Met hierdie veiling het die SA wolmark verswak, in vergelyking met die vorige veiling. Dit was grootliks ‘n navolging van die daling in die Australiese mark, wat te wyte is aan die afplatting in die wêreldekonomie en ‘n swakker aanvraag, uit veral Europa. ‘n Sterker wisselkoers teenoor die vernaamste geldeenhede, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling, het ook tot die daling bygedra. Ontvangs van wol in die makelaars se store het vandeesweek hervat te midde van die vlak-4 inperkingsregulasie wat in werking getree het op 4 Mei. Die datums van geskeduleerde wolveilings sal egter verander, as gevolg van die feit dat die toetsproses by die Woltoetsburo nog nie op volle kapasiteit kan funksioneer nie, vanweë die inperkingsregulasie rakende die algemene werksmag van besighede. Ons dank egter aan produsente vir u begrip rakende hierdie situasie. Produsente sal op hoogte gehou word van enige verdere verwikkelinge in hierdie verband en beoogde veilingsdatums sal dienooreenkomstig gekommunikeer word. 

Skakel gerus die OVK veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting, indien voorskotte op vesel gelewer, of produksielenings verlang word. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur van OVK. Die OVK webtuiste kan ook gerus besoek word vir meer besonderhede. 

Produsente word uitgenooi en versoek om gerus met die OVK veselkantoor te skakel rakende besluite rondom die verhandeling van u produk. OVK verbind hom steeds tot diens en ondersteuning van ons produsente in goeie, sowel as moeilike tye. 

Die volgende wolveiling is voorlopig geskeduleer vir 20 Mei 2020, maar is onderhewig aan verandering. Hierdie verslag deur Heinrich Victor, Bemarkingsbestuurder Vesel – OVK.

MARKET ANALYSES

The 26nd wool auction of the 2019/20 season took place the past 2 weeks and the Cape Wools Merino indicator traded 9.6% weaker and closed at a clean price of R149.67/kg. The Australian EMI decreased by 8.2%. The Rand traded 3.2% stronger, against the USA dollar, in the first week and maintained the same levels during the second week, compared to the previous sale. Amidst the level-4 Corona virus lockdown regulations in South Africa, a conventional auction could be held again for this catalogue. The finer types performed relatively well, while stronger and inferior wool experienced extreme downward pressure. The largest decrease this week of 13.9% was in the 22 micron segment. Standard Wool was the major buyer on the auction this week, followed by, Lempriere SA, Stucken and Modiano. A total of 12091 bales were on offer, of which 80.5% was sold.

On the OVK auction 3015 bales were offered of which 78.6% was sold. The highest price on the OVK auction, of R139.90/kg was achieved for a 2 bale lot CL of 16.1 microns, from the clip of Tibaya Farming Project (Pty) Ltd. from Carolina. The buyer was Tianyu SA. Congratulations on the achievement!

FORECAST

This auction saw a decrease in the SA wool market, compared to the previous auction. That was mainly an imitation of the decrease in the Australian market, which is due to the flattening of the world economy and a decrease in the demand, especially from Europe. A stronger exchange rate, against the main currencies, compared to the previous auction, also contributed to the decrease.  The receival of wool in the brokers’ stores resumed at the beginning of this week, amidst the level-4 lockdown regulations which took effect on 4 May. The scheduled wool auction dates will change though, for the testing process at the Wool Testing Bureau is not functioning at full capacity yet, due to the lockdown regulations regarding general work force of businesses. We thank our producers though for your understanding regarding this situation. Producers will be updated about any developments in this regard and intended auction dates will be communicated. 

OVK invites producers to contact our fibre office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information if any advances on fibre delivered, or production financing is needed. Also learn more about OVK’s exciting new commission structure. The OVK website can also be visited for more details. 

Producers are invited and requested to contact the OVK fibre office regarding decisions around the trading of your product. OVK is still committed to optimal service and support to our producers in properous, as well as difficult times. 

The next wool auction is scheduled for 20 May 2020, but is subject to change. This report by Heinrich Victor, Marketing Manager Fibre – OVK.


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer