KENNISGEWINGS

  OVK Bystandsfonds / OVK Benevolent Fund - kliek hier vir meer inligting / click here for more information        

NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
Vesel - Inligting aan produsente rakende inperkingstydperk

Vesel - Inligting aan produsente rakende inperkingstydperk

geplaas op Ma., 30 Mrt. 2020

Die effek van die Koronavirus en die totale inperkingsperiode van 21 dae, wat deur President Ramaphosa afgekondig is, het verreikende gevolge op gemeenskappe en dit geld vir elke landsburger en elke besigheid.

Beste OVK Produsent

Die effek van die Koronavirus en die totale inperkingsperiode van 21 dae, wat deur President Ramaphosa afgekondig is, het verreikende gevolge op gemeenskappe en dit geld vir elke landsburger en elke besigheid. Tot en met gister was uitsluitsel en duidelike riglyne nog nie bevestig aangaande vesel as noodsaaklike diens, soos intussen wel in die Staatskoerant gepubliseer. OVK het ook met ander rolspelers in die bedryf geraadpleeg, insluitend Cape Wools en SAWAMBA, en is die volgende besluite geneem:

• Dat alle veselaktiwiteite binne OVK en affiliale, opgeskort sal word vir die inperkingsperiode.

• Die aktiwiteite sluit in:

o Skeerdienste,

o Veselontvangste by store,

o Veselveilings,

o Verskeping,

o Toets van vesel by die Woltoetsburo,

o Tegniese Velddienste, met betrekking tot vesel en

o RWS en RMS oudits wat hervat na afloop van die inperkingsperiode.

• SAWAMBA sal sodra die inperkingsperiode tot ‘n einde kom, aangepaste veilingsdatums vir die afsienbare toekoms bekend maak.

• Sodra bogenoemde bekend gemaak is, sal OVK aangepaste skaalsluitingsdatums aankondig.

• Tegniese Velddienste rakende u lewende hawe en lewendehawe veilings, sal voortgaan onder streng voorwaarde dat dit deel vorm van die primêre voedselketting.

• Alle OVK tegniese personeel sal deurgaans ook telefonies beskikbaar wees vir enige bystand wat verlang word.

• Voorskotte op vesel, sowel as produksielenings, sal steeds beskikbaar wees. Skakel gerus met u OVK Tegniese

Veldbeampte vir meer besonderhede.

• Produsente moet verseker dat vesel wat op die plaas is, onderwerp word aan streng sekuriteitsmaatreëls.

• OVK handelstakke sal binne die reëls van die Wetgewer, oopbly vir noodsaaklike produkte, wat insluit:

o Dieregesondheid,

o Veevoere,

o Voedsel vir menslike gebruik,

o Brandstof,

o Sanitêre produkte ens.

• Alle senior personeel gemoeid met vesel in die Port Elizabeth kantoor, sal telefonies beskikbaar wees vir bystand aan ons produsente.

KONTAKNOMMERS
Bestuur
Wallie Weeks: 082 921 2563 (Hoofbestuurder Vesel)
Tink Strydom: 082 555 1199 (Veselverkryging Oos)
Frans Hugo: 082 854 9468 (Veselverkryging Wes)
Veselbemarking en -ontvangstes:
Heinrich Victor: 066 222 8002 (RWS)
Pierre De Lange: 079 504 9718 (Wolbemarking)
Andy Botha: 082 854 9217 (Wolbemarking)
Etienne Bezuidenhout: 082 854 9120 (Sybokhaarbemarking)
Gerrit Van Heerden: 082 854 8604 (Sybokhaarbemarking)


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Junie 2020
OVK Nuus Junie 2020
Adverteer Hier Lees Meer