NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT S02_2020

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT S02_2020

geplaas op Di., 03 Mrt. 2020

Die mark in geheel was duurder en veral fyn jongbokhaar en kleinbokkiehaar het die meeste voordeel gekry / All categories were dearer, and fine young goat mohair and kid mohair received the most attention.

 MARKANALISE

Die tweede sybokhaarveiling van die 2020 somer seisoen het goed afgeloop met goeie mededinging tussen al die kopershuise. Alhoewel die mark in sy geheel duurder was, het veral fyn jongbokhaar en kleinbokkiehaar die meeste voordeel gekry. Vergeleke die eerste veiling van die somerseisoen het kleinbokkies 10.1% beter verkoop, jongbokke 9.6% beter en grootbokke 7.0% beter. Die beste prys van die dag het gegaan aan Harry Nash van Jansenville teen R609.00/kg vir ‘n baaltjie somer kleinbokkiehaar! Hierdie baal goeie styl haar het 24.5 mikron getoets met ‘n skoonopbrengs van 83.9%.

Vandag se veilingsanalise is as volg: Kleinbokkiehaar styg met 10.1% met `n markaanwyser van R461.34/kg  en 100%  is verkoop;  jongbokhaar styg met 9.6% met `n markaanwyser van R313.84/kg en `n verkoopspersentasie van 100%. Grootbokhaar styg met 7.0% met `n markaanwyser van R200.91/kg en 100% verkoop. Dit het die totale verkope op 100% te staan gebring met `n markaanwyser van R274.75/kg wat 8.6% beter is.

MARKVOORUITSIGTE

Daar was ‘n duidelike  aanvraag na die fyner (31 mikron en fyner) tipes. Spesiale aandag moet in die klasseringsproses van die skeersel geskenk word aan die verdeling tussen fynhede. Dit is die ideale geleentheid vir die bogemiddelde boer om die EGT-proses tot sy voordeel aan te wend. Die prysvlakke behoort dieselfde te wees vir die tweede veiling. Die volgende veiling word op 17 Maart 2020 in Port Elizabeth aangebied.  

 

MARKET ANALYSIS

The second mohair sale of the 2020 summer selling season had a good run with good competition from all buyers. Although all categories were dearer, fine young goat mohair and kid mohair received the most attention.  Compared to the first summer season sale, kids sold 10.1% better, young goats 9.6% better and adults 7.0% better. The best price of the day went to Harry Nash of Jansenville at R609.00/kg! This good style summer kid bale tested 24.5 micron with a clean yield of 83.9%.   

Today's sales analysis is as follows:  The price of kids increased by10.1% with a market indicator of R461.34/kg and a 100% sale clearance; young goat hair increased by9.6% with a market indicator of R313.84/kg and a sale clearance of 100%. Adult mohair increased by 7.0% with a market indicator of R200.91/kg and 100% sold. This brought the overall sale clearance to 100% and the overall market indicator to R274.75/kg which is 8.6% higher.

MARKET OUTLOOK

There is a definite demand for the finer microns (31micron and finer) and special care must be taken to separate the finer microns from the stronger ones. This makes EGT a logical choice for the better than average farmer. The next sale should follow the same price trend as the second sale. This sale will be offered on the 17th of March 2020 in Port Elizabeth. 


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer