NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CV17_2020

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CV17_2020

geplaas op Vr., 31 Jan. 2020

Hierdie week het die SA wolmark effens teruggesak / This week saw the SA wool market trading somewhat lower

MARKANALISE

Die 17de wolveiling van die 2019/20 seisoen hierdie week plaasgevind en die Cape Wools aanwyser het met 0.5% en 81 punte laer verhandel en teen 'n skoonprys van R174.63/kg gesluit. Die Australiese EMI het met 1.8% gedaal. Die Rand het hierdie week 2.3% swakker verhandel teen die VSA Doller en 1.6% swakker teen die Euro, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling. Goeie kwaliteit Merino vagwol het steeds goed presteer en gesorg vir gesonde mededinging onder kopers. Die grootste daling hierdie week van 1.4%, was in die 19 mikron segment. Standard Wool het hierdie week die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Lempriere SA, Modiano en Stucken. Daar is in totaal 7275 bale aangebied, waarvan 95.7% verkoop is. Op die OVK veiling is 2176 bale aangebied waarvan 90.1% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling van R145.90/kg is behaal vir ‘n 4 baal lot BBF van 17.9 mikron, uit die skeersel van D.E.S Nel van Barkly-Oos. Die koper was Modiano. Baie geluk met die prestasie!

VOORUITSIGTE

Hierdie week het die SA wolmark effens teruggesak, in vergelyking met die vorige veiling. Die swakker Rand het egter verhoed dat die plaaslike mark verder verswak, met steeds ‘n ietwat beter prestasie as Australië. Die volume wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 56% laer as die ooreenstemmende week van die vorige seisoen en akkumulatief 0.8% laer. Hoewel dit nog krities droog is in heelwat produksiegebiede, is berigte van goeie reëns wel ontvang, wat gevolglik welkome verligting en goeie nuus is vir produsente. OVK nooi produsente uit om ons te skakel indien enige voorskotte op vesel gelewer, asook finansiering, verlang word. Vind ook meer uit oor die nuwe kommissiestruktuur van OVK. Skakel gerus met ons veselkantoor in Port Elizabeth of met u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Besoek ook gerus die OVK webtuiste vir besonderhede. Ons beklemtoon dat OVK verbind is daartoe om sy produsente by te staan na die beste van ons vermoë in goeie, sowel as moeilike tye.  Bek-en klouseer en die beperkingsvoorwaardes wat dit op die beweging van vee het, is steeds ‘n knelpunt in die lewendehawe industrie, wat na verwagting nie in die kort termyn opgelos gaan word nie. Dit is dus noodsaaklik dat produsente kennis moet dra van die kliniese werking van die virus, asook die gepaardgaande risikos. Die siekte moet korrek bestuur word ten einde die ekonomiese gevolge op die lang termyn sover moontlik te beperk. Te midde van die koronavirusuitbraak in China, reageer wêreldmarkte oor die algemeen redelik senuweeagtig. Die siening van Tim Hunt, hoof van die navorsingsafdeling van Rabobank se voedsel en agribesigheid in Australië, is dat die invloed van die koronavirus op die wolmark nie noodwendig ‘n direkte korttermyn invloed behoort te hê, indien China die verspreiding van die besmetting vining kan hokslaan nie. Indien die krisis egter langer as drie maande sal duur, kan dit wel ‘n tweede rondte impak hê, omdat dit die inkomste van die man op straat in China negatief kan beïnvloed en spandering op klerasie kan beperk. Karooverlamming is ‘n verdere toestand wat hewige vrektes en gevolglike ekonomiese verliese kan hê. Voorsorg moet vroegtydig getref word teen besmetting van hierdie parasiet. Behandel diere voorkomend en poog, om indien moontlik, weidingstelsels so aan te pas dat moontlike besmette kampe vermy word in die aktiewe periode wat strek van Februarie tot Mei. Diere wat reeds simptome van lamheid toon, moet baie versigtig hanteer word en nie onnodig aangejaag word nie. Dit kan tot akute vrektes lei. Sodanige diere moet op die plek behandel word, deur die aanwend van ‘n dipmiddel of om die parasiete fisies te verwyder, waarna diere spoedig behoort te herstel. Dit is dus belangrik dat bio-sekuriteit ten alle tye prioriteit moet geniet ten einde kuddes te beskerm. Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 6 Februarie 2020 waar sowat 6427 bale aangebied sal word. Hierdie verslag deur Heinrich Victor, Bestuurder Veselbedryf – OVK

MARKET ANALYSES

The 17th wool auction of the 2019/20 season took place this week and the Cape Wools Merino indicator traded 0.5% and 81 points lower and closed at a clean price of R174.63/kg. The Australian EMI decreased by 1.8%. The Rand traded 2.3% weaker against the US Dollar this week and 1.6% weaker against the Euro, compared to the previous sale. Good quality Merino fleeces still performed well and saw healthy competition amongst buyers, despite the outbreak of the Corona virus and the extended Chinese new year celebrations. The largest decrease this week of 1.4% was in the 19 micron segment. Standard Wool was the major buyer on the auction this week, followed by Lempriere SA, Modiano and Stucken. A total of 7275 bales were on offer, of which 95.7% was sold. On the OVK auction 2176 bales were offered of which 90.1% was sold. The highest price of R145.90/kg was achieved for a 4 bale lot BBF of 17.9 microns, from the clip of  D.E.S Nel from Barkly East. The buyer was Modiano. Congratulations on the achievement!            

FORECAST

This week saw the SA wool market trading somewhat lower, compared to the previous auction. This weaker Rand prevented the local market to drop further, with a still slightly better performance than Australia. The volumes of wool received in the stores of the brokers this week, are 56% lower, compared to the same week of the previous season and accumulatively still 0.8% lower. Although it is still critical dry in a lot of production areas, reports of good rains were received, which resulted in welcome relief and good news for producers. OVK wants to invite our producers to contact us if any advances on fibre delivered, or financing is needed. Also learn more about OVK’s new commission structure. Please call our fibre office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. The OVK website can also be visited for more details. We emphasize that OVK is committed to assist our producers to the best of our ability in good  as well as difficult times. Foot and mouth disease and the limitation conditions on the movement of livestock, is still a challenge for the livestock industry, which will clearly not be solved in the short term. It is therefore necessary for producers to have knowledge of the clinical presentation of the virus and the associated risks. The disease must be managed properly, in order to prevent enormous economical losses in the long term. Amid the Coronavirus outbreak in China, world markets are generally reacting quite nervously. The view Tim Hunt, Rabobank's head of food and agribusiness research in Australia, is that the influence of the Corona virus on the wool market won't be serious in the short term if China can quickly stop the spreading of the contamination. If the crisis proceed for longer than three months though, it could result in second-round impact, because the income of the general population in China will be negatively influenced with probable limitation on the buying of clothing. Karoo paralysis is another condition which could cause extreme deaths, with negative economical losses as a result. Treat animals prophylactically and attempt to, if possible, manage grazing systems in order to avoid contaminated camps during the active period which runs from February to May. Animals which already present symptoms of lameness, should be treated very carefully and not be driven unnecessarily. That could lead to acute deaths. Such animals should be treated on the spot, by the application of a dip or the physical removal of the parasites.  Bio-security should therefore enjoy priority at all times in order to protect flocks.  The next wool auction is scheduled for 6 February 2020 where 6427 bales will be on offer. This report by Heinrich Victor, Manager Fibre Operations – OVK                                                                                                                                                                                               


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer