NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
MOHAIR STAYS IN THE LIMELIGHT / SYBOKHAAR BLY IN DIE KOLLIG

MOHAIR STAYS IN THE LIMELIGHT / SYBOKHAAR BLY IN DIE KOLLIG

geplaas op Wo., 22 Mei 2019

There were very high expectations for the second last mohair sale of the 2019 summer selling season in Port Elizabeth. Daar was met groot afwagting uitgesien na die tweede laaste sybokhaarveiling van die 2019 somer verkoopsseisoen

PRESS RELEASE

MOHAIR STAYS IN THE LIMELIGHT

There were very high expectations for the second last mohair sale of the 2019 summer selling season in Port Elizabeth. This, because traditionally most of the top mohair clips in South Africa is sold and displayed on this sale. According to Pierre van der Vyver (OVK Manager: Mohair), “It is astonishing how the individual farmers, most of them Angora stud farmers, manage to improve every year, especially as this year, in particular, was difficult because of the severe drought” Some of the top clips in the world were displayed. A new world record price was established by Ben van der Westhuyzen’s clip from the farm Leeuwdrift in the Adelaide district. This two-bale lot was of very high quality young goat mohair but presented as winter kid mohair. These bales come from individually selected young animals, picked by computer through the EGT process for fineness and quality, and shorn separately to produce this magnificent mohair. These two bales tested 24.8 micron on average with a clean yield of 89.1%. The length and style were excellent. The Italian client paid a R589.00/kg for this privilege!

The well-known father and son duo of Billy and Fred Colborne from the farm Kilborne in the Willowmore district fetched a seasonal record high price of R801.10/kg for there best bale of summer kids on the same sale. The whole industry is looking forward to the Ermenegildo Zegna trophy sale in June. Just the absolute best of best bales of summer kids that qualify is entered in this competition and sale. The winner gets worldwide recognition for having the best bale of mohair in the world!

PHOTO/FOTO: Matthew Fox (OVK afslaer/auctioneer); Ben van der Westhuyzen (verkoper/seller); Ilse van der Westhuyzen (verkoper/seller) and Pierre van der Vyver (OVK Manager/Bestuurder: Mohair)

SYBOKHAAR BLY IN DIE KOLLIG

Daar was met groot afwagting uitgesien na die tweede laaste sybokhaarveiling van die 2019 somer verkoopsseisoen. Dit, omrede die meeste van die beste skeersels in Suid-Afrika op die veiling verkoop word. Volgens Pierre van der Vyver, Bestuurder van OVK se sybokhaarafdeling, bly dit verstommend hoe die boere dit regkry om elke jaar net die kwaliteit skeersels verder te verbeter. Dit, onder baie moeilike omstandighede soos byvoorbeeld die huidige droogte. ‘n Nuwe wêreldrekordprys is onder andere op die veiling opgestel toe 2 bale jongbokhaar (aangebied as winter kleinbokkiehaar) van Ben van der Westhuyzen, van die plaas Leewdrift in die Adelaide distrik, verkoop het teen R589.00/kg! Die sybokhaar is geskeer van jong diere wat spesiaal deur middel van ‘n rekenaar en die EGT-proses vooraf geselekteer was vir fynheid, lengte en kwaliteit. Die 2 bale het 24.8 mikron getoets met ‘n skoonopbrengs van 89.1%. Die lengte en styl was besonders goed.

Die bekende pa/seun kombinasie van Billy en Fred Colborne van die plaas Kilborne in die Willowmore distrik het met die seisoensrekord weggestap op dieselfde veiling teen R801.10/kg vir hulle baal somer kleinbokkiehaar! Die hele bedryf sien egter nou uit met groot verwagting na die Ermenegildo Zegna kompetisie-veiling in Junie. Dan word net die beste bale somer kleinbokkiehaar beoordeel en verkoop. Die wenners kry wêreldwye erkenning as die beste baal sybokhaar ter wêreld.




Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Kalender

Kalender
Kalender
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus September 2019
OVK Nuus September 2019
Adverteer Hier Lees Meer