NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CC02_2022

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CC02_2022

geplaas op Wo., 24 Aug. 2022

Cape Wools Merino aanwyser styg met 6.8% vir nie-RWS wol en met 7.7% vir RWS wol. / Cape Wools Merino indicator increases by 6.8% for non-RWS wool and 7.7% for RWS wool

MARKANALISE

Op 2de wolveiling van die 2022/2023 seisoen, het die Cape Wools Merino aanwyser met 6.8% vir nie-RWS wol en 7.7% vir RWS wol versterk teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R165.74/kg en R184.33/kg, onderskeidelik gesluit. Die Rand het 2.5% swakker verhandel teen die VSA Doller en 0.3% verloor teen die Euro, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling. Daar is in totaal 6 828 bale aangebied, waarvan 94.9% verkoop is.

Op die OVK veiling is 3 163 bale aangebied, waarvan 95.8% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R249.10/kg, is behaal vir ‘n 2 baal lot BH van 16.8 mikron, uit die skeersel van FBC Viljoen Boerdery, vanuit die Swellendam distrik. Die koper was Stucken & Co. Baie geluk met hierdie prestasie! Die volgende veiling is geskeduleer vir 31 Augustus waar sowat 6 153 bale aangebied sal word.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 32 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSES

On 2nd wool auction of the 2022/2023 season, the Cape Wools Merino indicator increased by 6.8% for non-RWS and by 7.7% for RWS wool, compared to the previous sale and closed at a clean price of R165.74/kg and R184.33/kg, respectively. The Rand traded 2.5% weaker against the US Dollar and also lost 0.3% to the Euro, compared to the previous sale. A total of 6 828 bales were on offer, of which 94.9% was sold.

On the OVK auction 3 163 bales were offered, of which 95.8% was sold. The highest price on the OVK auction, of R249.10/kg, was achieved for a 2 bale lot BH of 16.8 microns, from the clip of FBC Viljoen Boerdery, from the Swellendam district. The buyer was Stucken & Co. Congratulations on this achievement! The next auction is scheduled for 31 August where approximately 6 153 bales will be on offer.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 32 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer