Nywerhede

Lees Meer oor PRODUKTE EN DIENSTE
Nywerhede

Nywerhede

Tweespruit  Meule
Tweespruit Meule is in 1974 gebou en vanaf 2004 is toerusting jaarliks opgradeer om in die toenemende vraag na ‘n verskeidenheid kwaliteit-produkte in die mark te kan voorsien.

Die meule vervaardig 'n groot verskeidenheid mieliemeel-produkte soos stampmielies, mielierys, super mieliemeel (Power & Blackball).

Alle produkte is beskikbaar in verpakkings van 1kg tot 80kg. Die meule voorsien ook geel gebreekte mielies, No 1 en No 2 geelmeel asook nywerheidsmeel vir dieregebruik.

Ander produkte:
Tweespruit Meule is ook verspreiders van topkwaliteit-hondekos onder die handelsmerk PowerPaws. Pluimvee, gemengde hoenderkos en ’n verskeidenheid voëlsade en ander troeteldierkosse word ook vervaardig en verpak in verskillende grootte verpakkings.