KENNISGEWINGS

  OVK Gholfdag 2017 fotos, kliek hier / OVK Golfday Pictures, click here        

Afrifert Kunsmis

LEES MEER OOR ONS PRODUKTE EN DIENSTE
Afrifert Kunsmis

Afrifert Kunsmis

Oos Vrystaat Kaap Bedryf Bpk (OVK), met sy hoofkantoor in Ladybrand, belê in die idees en inisiatief van sy produsente-aandeelhouers. Produsente-aandeelhouers het aangedui dat die vraag om toegang te verkry tot unieke kunsmismengsels, wat in hul spesifieke behoeftes voorsien, groei. OVK het dus as deel van hul uitbreidingstrategie, ‘n kunsmisaanleg van meer as R20 miljoen in Bethlehem, saam met produsente, van stapel gestuur. Die Oos Vrystaat Kunsmisaanleg dryf handel onder die Afrifert handelsnaam.


OVK se landboukundiges werk saam met die boer ten einde hul eie unieke behoeftes te bepaal en sodoende binne enkele ure toegang tot sakpas kunsmismengsels van sy keuse te verkry. Volgens die bestuurder by die aanleg, is dit hul nommer een prioriteit om volgens individuele boere se behoeftes, kwaliteit kunsmis en uitstekende diens te voorsien. OVK kan nou vir kliënte ‘n volledige pakket dienste beskikbaar stel. Dit maak verhoogde produksie vir boere ‘n realiteit.


Kontakbesonderhede by die fabriek:

Tel: (058) 303-1348 of 071 674 2832
Weeksdae 08:00 - 17:00 (Maandag tot Vrydag).


Die kunsmisfabriek is in die industriële gebied van Bethlehem geleë.