Landboukundige Dienste

Lees Meer oor PRODUKTE EN DIENSTE
Landboukundige Dienste

Landboukundige Dienste

Weens die snelle tegnologiese ontwikkeling en vooruitgang van boerderypraktyke en instrumente het ’n toenemende behoefte by produsente ontstaan vir landboukundige advies en bystand in dié verband.

Van ’n bloot raadgewende begin, het die afdeling binne 6 jaar uitgebrei tot sy huidige kapasiteit en funksioneer dit tans op die voorfront van die nuutste tegnologie. So het OVK die eerste landboumaatskappy geword wat besproeiing-skedulering gebruik wat vogdata deur middel van ’n modem direk aan kliënte kan verskaf.  Daar word voorts gebruik gemaak van ’n skandeerder om grond-fisiese en grond-chemiese faktore te bepaal, asook van die varieerbare toediening van korrelbemesting in presisieboerdery.

Dienste word aangebied vir die totale siklus van die boerdery, van die bewerking-stadium tot met die oes-aktiwiteite. Waardetoevoeging is die kernaspek van hierdie afdeling. Die bystand van kundiges in grondkunde, akkerboukunde, weidingsbestuur en geografiese inligtingstelsels (GIS) stel produsente instaat om hul volle potensiaal te ontsluit ten einde maksimaal winsgewend tekan boer.

Dienste wat gebied word:
- ATV: Ontsluit diewaarde van u besigheid deur ’n groot verskeidenheid hoogs tegnologiesgevorderde presisie-boerderydienste en -produkte.
- GIS-stelsel: Bestuur u opbrengs en wins met behulp van die meting van grond.
- Innoverende Tegnologiese Oplossings: Sluit Terrasen(GPRS) en Terrascan (Gamma-ray) in.

Sclerotinia
Sclerotinia ...

Lees Meer

New Proposed Wheat Regulations
New Proposed Wheat Regulations...

Lees Meer

State of Dams in SA 07 July 2019
State of Dams in SA 07 July 2019...

Lees Meer

Omsendskrywe - Inname van Somergewasse -Alle Streke April 2019
Omsendskrywe - Inname van Somergewasse -Alle Streke April ......

Lees Meer