Handel, Bande & Brandstof

Lees Meer oor PRODUKTE EN DIENSTE
Handel, Bande & Brandstof

Handel, Bande & Brandstof

Jou toegang tot plaasbenodighede.

OVK Handel is een van die maatskappy se grootste steunpilare. Die afdeling bestaan uit 58 handelstakke, 2 franchise takke en 2 depots wat strek van Hoopstad in die noorde tot Humansdorp in die suide en ook van Prieska in die weste tot Elliot in die ooste. Na gelang van die streek waarin daar besigheid gedoen word, is alle inset-middele wat ’n boerdery benodig by die takke verkrygbaar. Handel bemarkers te Bethlehem, Bloemfontein, Douglas, Ficksburg, Hopetown, Humansdorp en Oos Londen help met die bediening van klante oor die bedieningsarea. Brandstof word ook by die meeste handelstakke verskaf. In sommige gevalle bedryf OVK die enigste vulstasie in die dorp.


OVK beskik oor vyf streekkantore. Hierdie kantore is gesetel in Ficksburg, Hopetown, Cradock, Bloemfontein en Burgersdorp. Die suksesvolle funksionering van elkeen van die handelstakke is die kerntaak van hierdie streekskantore. OVK se handelstreekkantore en die handelstakke is dikwels die spil waarom die plaaslike ekonomie van die dorpe draai. Enige persoon kan aankope by OVK se handelstakke doen en staatmaak op diens uit die boonste rakke, gekomplimenteer met ‘n wye reeks van produkte en waardetoegevoegde diens teen kompeterende pryse. Dit is belangrik vir OVK om die platteland te diens om volhoubaarheid daar te verseker.

Bandesentrums
OVK bedryf sewe bandesentrums: Ficksburg, Ladybrand, Burgersdorp, Hopetown, Trompsburg, Zastron en Dewetsdorp. Hierdie bandesentrums spog met opgeleide en gemotiveerde personeel wat ons kliënte se behoeftes voorop stel. Sommige van die handelstakke beskik ook oor die basiese gereedskap vir die herstel van bande, wat selfs na-ure beskikbaar is vir noodgevalle.

Brandstof-verspreidingspunte
OVK bedryf ses brandstof-verspreidingspunte, wat in strategiese vennootskappe met Caltex, Engen, Quest en Total bedryf word. Hierdie punte is strategies oor die OVK bedieningsgebied versprei. Brandstof word met goed toegeruste vragmotors afgelewer aan OVK kliënte in die Vrystaat, Noord- en Oos Kaap.