WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CB18_2021

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CB18_2021

geplaas op 20:28 (GMT+2) Wo., 19 Jan. 2022

Cape Wools Merino aanwyser styg met 4.9% en 98.0% van die aanbieding is verkoop / Cape Wools Merino indicator increases by 4.9% and 98.0% of the offering was sold

MARKANALISE

Die 18de wolveiling van die 2021/2022 seisoen het op 19 Januarie plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 4.9% gestyg teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R180.73/kg gesluit.  Die Australiese EMI het ook met 0.3% versterk teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling, 0.9% sterker verhandel teen die VSA Doller, en ook 0.8% veld gewen teen die Euro. Die grootste verandering die week, was in die 21.0 mikron segment, met 'n styging van 5.3%.  Lempriere SA  het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur G. Modiano SA, Standard Wool SA en Tianyu SA.  Daar is in totaal 13 961 bale aangebied, waarvan 98.0% verkoop is.

Op die OVK veiling is 3 537 bale aangebied, waarvan 98.0% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R247.10/kg, is behaal vir ‘n 4 baal lot AFH  van 15.6 mikron, uit die skeersel van IA Isted, vanuit die Barkly-Oos distrik. Die koper was Tianyu SA. Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

Die Suid-Afrikaanse wolmark het heelwat versterk die week en beter presteer as die Australiese mark, ten spyte van die Rand se versterking teen die vernaamste geldeenhede. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 10.4% laer, vergeleke die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen.  Die grootste oorsaak hiervoor, blyk steeds die nadraai van die langdurige droogte, van die afgelope paar jaar te wees.

Volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weereens goeie aandag geniet op die veiling. Gesertifiseerde wol het ook weereens beter presteer as die mark gemiddelde, wat gesonde kompetisie tussen kopers tot gevolg gehad het. Ons nooi produsente uit om te skakel met OVK, om u by te staan in die RWS sertifiseringsproses, want naspeurbaarheid is 'n tendens van die toekoms wat gekom het om te bly. Die volgende veiling is geskeduleer vir 26 Januarie 2022.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSES

The 18th wool auction of the 2021/2022 season took place on 19 January. The Cape Wools Merino indicator increased by 4.9%, compared to the previous sale and closed at a clean price of R180.73/kg.  The Australian EMI also increased by 0,3%, compared to the previous sale. The Rand traded 0.9% stronger against the US Dollar and also gained 0.8% to the Euro, compared to the previous auction. The largest movement on this auction, was an increase of 5.7%, in the 21.0 micron segment. Lempriere SA was the major buyer on this auction, followed by G. Modiano SA, Standard Wool SA and Tianyu SA. A total of 13 961 bales were on offer, of which 98.0% was sold.

On the OVK auction 3 537 bales were offered, of which 98.0% was sold. The highest price on the OVK auction, of R247.10/kg, was achieved for a 4 bale lot AFH of 15.6 microns, from the clip of IA Isted, from the Barkly East district. The buyer was Tianyu SA. Congratulations on this achievement! 

FORECAST

The South-African wool market increased significantly this week and performed better than the Australian market, in spite of the strengthening of the Rand to the most important currencies. The receival of wool in the brokers’ stores this week, is 10.4% lower, compared to the same time of the previous season. The main cause for this, might still be an aftermath of the long-term draught, of the past few years.

Sustainable certified (RWS), good quality Merino wool, again enjoyed good attention on the auction. Certified wool outperformed the market average, resulted in healthy competition amongst buyers. We again invite farmers to contact OVK for assistance in the RWS certification process, because traceability is a future tendency, that came to stay. The next auction is scheduled for 19 January 2022.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende