WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA14_2020

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA14_2020

geplaas op 17:51 (GMT+2) Wo., 18 Nov. 2020

Cape Wools Merino aanwyser daal met 1.0% en 91.0% van die aanbieding is verkoop / Cape Wools Merino indicator decreases by 1.0% and 91.0% of the offering was sold

MARKANALISE.

Die 14de wolveiling van die 2020/21 wolseisoen het hierdie week, op 18 November plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 1.0% gedaal teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R144.07/kg gesluit. Die Australiese EMI het met 2.5% verswak teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling, 1.3% sterker verhandel teen die VSA Dollar en 0.6% versterk teenoor die Euro. Die grootste daling van 2.9%, was in die 21.5 mikron segment. Lempriere SA het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Standard Wool SA, G Modiano SA en Tianyu SA. Daar is in totaal 12 874 bale aangebied, waarvan 91.0% verkoop is.

Op die OVK veiling is 3 924 bale aangebied waarvan 84.9% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R135.80/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot BBH van 17.3 mikron, uit die skeersel van die MJ van Wyk, Colesberg. Die koper was Standard Wool SA. Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

Die Rand wat die afgelope maand konstant versterk teenoor die vernaamste geldeenhede, die afname in die Australiese wolmark en die wêreldwye onsekerheid oor die stand van Covid-19, het alles 'n negatiewe impak op die Suid-Afrikaanse wolmark. Aanvraag uit China het egter verbeter die afgelope tyd, wat verhoed dat die wolmark verder verswak, terwyl Europa in die afsienbare toekoms nie 'n groot rolspeler gaan wees nie, as gevolg van die hernude Covid-19 inperkings. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 3.5% laer vergeleke die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen.

Volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weereens goeie aandag geniet op die veiling en gesorg vir gesonde kompetisie tussen kopers.  Produsente kan gerus kennis neem hiervan en ook aanvaar dat dit 'n toekomsneiging is wat gekom het om te bly. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 25 November 2020.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

 

MARKET ANALYSES

The 14th wool auction of the 2020/21 season took place this week on 18 November. The Cape Wools Merino indicator traded 1.0% lower, compared to the previous sale and closed at a clean price of R144.07/kg. The Australian EMI also decreased by 2.5%, compared to the previous sale. Compared to the rate of the previous sale, the Rand traded 1.3% stronger against the US Dollar and 0.6% stronger to the Euro. The largest decrease this week, of 2.9%, was in the 21.5 micron segment. Lempriere SA was the major buyer on the auction this week, followed by Standard Wool SA, G Modiano SA and Tianyu SA. A total of 12 874 bales were on offer, of which 91.0% was sold.

On the OVK auction 3 924 bales were offered, of which 84.9% was sold. The highest price on the OVK auction, of R135.80/kg, was achieved for a 1 bale lot BBH of 17.3 microns, from the clip of the MJ van Wyk, Colesberg. The buyer was Standard Wool SA. Congratulations on this achievement! 

FORECAST

The Rand displaying a constant strengthening against the most important currencies, the decrease in the Australian wool market and the global uncertainty on the state of Covid-19, are all having a negative effect on the South-African wool market. Demand from China improved lately though, which prevents the market from decreasing further, while Europe will not likely be a significant role player in the near future, due to the renewed Covid-19 lock downs. The receival of wool in the brokers’ stores this week is 3.5% lower compared to the same time of the previous season.

Sustainable certified (RWS), good quality Merino wool, was in high demand on the auction and enjoyed healthy competition amongst the buyers. Producers have to take note of this and also accept that this is a future trend which has come to stay. We invite farmers to contact OVK for assistance in the certification process. The next wool auction is scheduled for 25 November 2020.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende