NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W14 - 2021

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W14 - 2021

geplaas op Wo., 10 Nov. 2021

Vyfde Sybokhaarveiling van die Winterseisoen!

MARKANALISE

Die vyfde sybokhaarveiling van die 2021 Winterseisoen het vandag op die 9de November 2021 te Port Elizabeth plaasgevind. Groot persentasie RMS sertifiseerde bokhaar was op die veiling aangebied, wat goeie kompetisie tussen kopershuise uitgelok het. Kleinbokkiehaar was onveranderd en sluit met 'n markaanwyser van R635.53/kg waarvan 82% verkoop is.  Jongbokhaar styg met 2% en die markaanwyser sluit op R459.62/kg waarvan 100% verkoop is. Fyngrootbokhaar het 'n 2% daling getoon, met 'n markaanwyser wat sluit op R356.13/kg waarvan 96% verkoop is. Sterkgrootbokhaar was onveranderd, met 'n markaanwyser van R306.59/kg waarvan 100% verkoop is. Die totale verkope op die veiling was 93%, met 'n algehele markaanwyser wat onveranderd was op R372.51/kg. OVK bins het uitstekend verkoop! Met die hoogste bin prys van R720/kg. Dit is ook die hoogste bin prys vir die totale veiling vir die dag.

MARKVOORUITSIGTE

Die 6de veiling van die Winterseisoen 2021 vind plaas op die 23ste November 2021 te Port Elizabeth, die vooruitsig is dat pryse op dieselfde vlakke sal verhandel. So berig deur Gerrit van Heerden, OVK Sybokhaarbestuurder. 0828548604

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings.  Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSIS

The fifth mohair auction of the 2021 Winter Season took place today, on the 9th of November 2021 in Port Elizabeth. Large percentage of RMS certified mohair was offered at the auction, which provoked good competition between buyers. Kid mohair was unchanged and closed with a market indicator of R635.53/kg of which 82% was sold. Younggoat mohair increased by 2% and the market indicator closed at R459.62/kg of which 100% was sold. Fine adult mohair showed a 2% decrease, with a market indicator closing at R356.13/kg of which 96% was sold. Strong adult  mohair was unchanged, with a market indicator of R306.59/kg of which 100% was sold. The total sales at the auction were 93%, with an overall market indicator unchanged at R372.51/kg. OVK bins sold extreamly well! With the highest bin price of R720/kg. This is also the highest bin price for the total auction for the day.

MARKET OUTLOOK

The 6th auction of the Winter Season 2021 will take place on the 23rd of November 2021 in Port Elizabeth, the prediction is that the prices wil remain unchanged. So reported by Gerrit van Heerden, OVK Mohair Manager. 0828548604

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer