NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CB09_2021

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CB09_2021

geplaas op Wo., 13 Okt. 2021

Cape Wools Merino aanwyser daal met 0.1% en 96.2% van die aanbieding is verkoop / Cape Wools Merino indicator decreases by 0.1% and 96.2% of the offering was sold

MARKANALISE

Die 9de wolveiling van die 2021/2022 seisoen, het op 13 Oktober plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 0.1% gedaal teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R163.22/kg gesluit. Die Australiese EMI het ook verswak met 1.2% teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling, 1.6% sterker verhandel teen die VSA Doller en ook 1.6% versterk teen die Euro. Die grootste daling van 4.3% op hierdie veiling, was in die 20.0 mikron segment. G. Modiano SA het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Lempriere SA, Standard Wool SA en Stucken & Co . Daar is in totaal 7 770 bale aangebied, waarvan 96.2% verkoop is.

Op die OVK veiling is 2 623 bale aangebied, waarvan 91.8% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R246.00/kg, is behaal vir ‘n 3 baal lot BH van 16.7 mikron, uit die skeersel van Doringkuil Boerdery Trust, in die Steynsburg distrik. Die koper was Standard Wool SA. Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

Ten spyte van die verswakking in die Australiese wolmark en die versterking van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede, het die Suid-Afrikaanse wolmark steeds 'n relatief goeie vertoning gelwer en sywaarts verhandel. Die meerderheid van die aanbieding het bestaan uit fyner Merinowol, met dieselfde volumes medium en lang wol,  waarvan 36.2%  bestaan het uit volhoubaar gesertifiseerde wol. Dit het weereens gesorg vir gesonde kompetisie tussen kopers, wat bygedra het tot die positiewe vertoning van die mark. 

Ons nooi weereens produsente uit om te skakel met OVK, om u by te staan in die RWS sertifiseringsproses, want naspeurbaarheid is 'n tendens van die toekoms wat gekom het om te bly. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 9.0% laer, vergeleke die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen. Die volgende veiling is geskeduleer vir 20 Oktober 2021, waar sowat 8 680 bale aangebied sal word. Inweeg vir die laaste veiling van 2021, sluit op 3 November 2021. Dit sal vir katalogus CB16 wees.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSES

The 9th wool auction of the 2021/2022 season, took place on 13 October. The Cape Wools Merino indicator traded 0.1% lower, compared to the previous sale and closed at a clean price of R163.22/kg. The Australian EMI also decreased by 1.2%, compared to the previous sale. The Rand traded 1.6% stronger against the US Dollar and also gained 1.6% to the Euro, compared to the previous auction. The largest decrease on this auction, of 4.3%, was in the 20.0 micron segment. G. Modiano SA was the major buyer on this auction, followed by Lempriere SA, Standard Wool SA and Tianyu SA. A total of 7 770 bales were on offer, of which 96.2% was sold.

On the OVK auction 2 623 bales were offered, of which 91.8% was sold. The highest price on the OVK auction, of R246.00/kg, was achieved for a 3 bale lot BH of 16.7 microns, from the clip of Doringkuil Boerdery Trust, from the Steynsburg district. The buyer was Standard Wool SA. Congratulations on this achievement! 

FORECAST

Despite the weakening of the Australian wool market and the strengthening of the Rand, against the most important currencies, the South African wool market still provided a relatively good performance and traded sideways. The majority of the offering consisted of finer Merino wool, with the same volumes of medium and longer length wools, of which 36,2%, consisted of sustainable certified wool. That was again the reason for healthy competition amongst buyers, which contributed to the positive performance of the market.

We again invite farmers to contact OVK for assistance in the RWS certification process, because traceability is a future tendency, that came to stay. The receival of wool in the brokers’ stores this week is 9.0% lower, compared to the same time of the previous season. The next auction is scheduled for 20 October 2021, where approximately 8 680 bales will be on offer. Weigh-in for the last auction of 2021, will close on 3 November 2021. That will be for catalogue CB16.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer