NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CB03_2021

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CB03_2021

geplaas op Wo., 01 Sep. 2021

Cape Wools Merino aanwyser daal met 1.6% en 86.2% van die aanbieding is verkoop / Cape Wools Merino indicator decreases by 1.6% and 86.2% of the offering was sold

MARKANALISE

Die 3de wolveiling van die 2021/2022 seisoen, het op 01 September plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 1.6% gedaal teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R164.95/kg gesluit. Die Australiese EMI het ook met 1.3% verswak teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling, 3.1% sterker verhandel teen die VSA Doller en het ook 2.4% versterk teen die Euro. Die grootste daling van 4.6% op hierdie veiling, was in die 19.0 mikron segment. Standard Wool SA het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Tianyu SA, G. Modiano SA en Stucken & Co. Daar is in totaal 7 263 bale aangebied, waarvan 86.2% verkoop is.

Op die OVK veiling is 2 019  bale aangebied waarvan 87.1% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R190.00/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot BH van 17.4 mikron, uit die skeersel van IF Nel, van Aliwal-Noord.  Die koper was Segard Masurel SA . Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

Die daling in die SA wolmark hierdie week, kan grootliks toegeskryf word aan  die versterking van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede, asook die verswakking in die Australiese wolmark. Dit wil egter voorkom asof die Australiese wolmark wel besig is om te stabiliseer, wat 'n positiewe invloed op die Suid-Afrikaanse wolmark behoort te hê. As gevolg van die lae volumes wol ontvang die afgelope tyd, is daar besluit om katalogis 4 met een week aan te skuif. Katalogisse 4 en 5 sal dan gelyktydig verkoop word op die 15de September. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 8.0% laer, vergeleke die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen. Een van die redes vir die laer ontvangstes, kan die gevolg wees van die erge koue wat die afgelope weke ondervind is in groot produksiegebiede en skeertye dus aangepas moes word.

Volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weereens goeie aandag geniet op die veiling en gesorg vir gesonde kompetisie tussen kopers. Ons nooi produsente uit om te skakel met OVK, om u by te staan in die sertifiseringsproses. Die volgende veiling is geskeduleer vir 15 September 2021.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSES

The 3rd wool auction of the 2021/2022 season, took place on 01 September. The Cape Wools Merino indicator traded 1.6% lower, compared to the previous sale and closed at a clean price of R164.95kg. The Australian EMI also decreased by 1.3%, compared to the previous sale. The Rand traded 3.1% stronger against the US Dollar and also gained 2.4% to the Euro, compared to the previous auction. The largest decrease this week, of 4.6%, was in the 19.0 micron segment. Standard Wool SA was the major buyer on this auction, followed by Tianyu SA, G. Modiano SA and Stucken & Co. A total of 7 263 bales were on offer, of which 86.2% was sold.

On the OVK auction 2 019 bales were offered, of which 87.1% was sold. The highest price on the OVK auction, of R190.00/kg, was achieved for a 1 bale lot BH of 17.4 microns, from the clip of IF Nel from Aliwal North. The buyer was Segard Masurel SA. Congratulations on this achievement! 

FORECAST

This week's decreased in the SA wool market, can mainly be attributed to the strengthening of the Rand against the most influential currencies, as well as the weakening of the Australian wool market. It seems though, that the Australian wool market is busy to stabilise, which should have a positive influence on the South African wool market. Because of the low wool recievals recently, a decision was made to move on catalogue 4 by one week. Catalogues 4 and 5 will therefore simultaneously be on sale on the 15th of September. The receival of wool in the brokers’ stores this week is 8.0% lower, compared to the same time of the previous season. One of the main reasons for the low receivals, could be duo to the recent extremely cold conditions that was experienced in large production areas, which forced farmers to reschedule shearing times.

Sustainable certified (RWS), good quality Merino wool, again enjoyed good attention on the auction and saw healthy competition amongst buyers. We invite farmers to contact OVK for assistance in the certification process. The next auction is scheduled for 15 September 2021.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer