NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CB01_2021

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CB01_2021

geplaas op Wo., 11 Aug. 2021

Cape Wools Merino aanwyser styg met 2.1% en 92.5% van die aanbieding is verkoop / Cape Wools Merino indicator increases by 2.1% and 92.5% of the offering was sold

MARKANALISE

Die 1ste wolveiling van die 2021/2022 seisoen, het op 11 Augustus plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 2.1% gestyg teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R166.13/kg gesluit. Die Australiese EMI het met 3.6% verswak teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling, 9.0% swakker verhandel teen die VSA Doller en het ook 4.9% verswak teen die Euro. Die grootste styging van 5.7% op hierdie veiling, was in die 19.5 mikron segment. Standard Wool SA het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur G. Modiano SA, Tianyu SA en Lempriere SA. Daar is in totaal 12 498 bale aangebied, waarvan 92.5% verkoop is.

Op die OVK veiling is 3 340 bale aangebied waarvan 94.1% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R218.00/kg, is behaal vir ‘n 2 baal lot AH van 16.2 mikron, uit die skeersel van Boomanulla Trust, van die Richmond distrik in die Noordkaap.  Die koper was Standard Wool SA . Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

Ten spyte van die verswakking in die Australiese wolmark, het die Suid-Afrikaanse wolmark die week verbeter. 'n Bydraende faktor tot die verbetering, is die verswakking van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 8.7% hoër vergeleke die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen.

Volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weereens goeie aandag geniet op die veiling en gesorg vir gesonde kompetisie tussen kopers. Ons nooi produsente uit om te skakel met OVK, om u by te staan in die sertifiseringsproses. Die volgende veiling is gekeduleer vir 18 Augustus.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSES

The 1st wool auction of the 2021/2022 season, took place on 11 August. The Cape Wools Merino indicator traded 2.1% higher, compared to the previous sale and closed at a clean price of R166.13/kg. The Australian EMI also decreased by 3.6%, compared to the previous sale. The Rand traded 9.0% weaker against the US Dollar and lost 4.9% to the Euro, compared to the previous auction. The largest increase this week, of 5.7%, was in the 19.5 micron segment. Standard Wool SA was the major buyer on this auction, followed by G. Modiano SA, Tianyu SA and Lempriere SA. A total of 12 498 bales were on offer, of which 92.5% was sold.

On the OVK auction 3 340 bales were offered, of which 94.1% was sold. The highest price on the OVK auction, of R218.00/kg, was achieved for a 2 bale lot AH of 16.2 microns, from the clip of Boomanulla Trust, from the Richmond, district in the Northern Cape. The buyer was Standard Wool SA. Congratulations on this achievement! 

FORECAST

Despite the weakening of the Australian wool market, the South African wool market still managed to improve. A contributing factor for the improvement was the weakening of the Rand against the most influential currencies. The receival of wool in the brokers’ stores this week is 8.7% higher, compared to the same time of the previous season.

Sustainable certified (RWS), good quality Merino wool, again enjoyed good attention on the auction and saw healthy competition amongst buyers. We invite farmers to contact OVK for assistance in the certification process. The next auction is scheduled for the 18th of August.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer