NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT S2106_2021

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT S2106_2021

geplaas op Di., 25 Mei 2021

100% Veilingsverkope vir OVK / 100% Sale clearance for OVK

MARKANALISE

Pryse op die sesde (voorlaaste) Sybokhaarveiling van die 2021 Somer seisoen het ondanks goeie mededinging tussen al die kopershuise, laer geëindig.

OVK se gemiddelde markaanwyser se daling met hierdie aanbieding kan grootliks aan die veilingsamestelling toegeskryf word. Die groot volume winter kleinbokkiehaar met sterker mikrons, asook laer pryse vir die gemiddelde tipe kleinbokkiehaar, het bygedra tot 'n daling in die gemiddelde prys vir kleinbokkiehaar.

OVK het 'n 100% verkope gehad. Die beste prys van die dag by OVK het gegaan aan 'n OVK Bin teen R750.10/kg vir ‘n baaltjie Somer Kleinbokkiehaar! Hierdie baal gemiddelde styl haar het 22 mikron getoets met ‘n skoonopbrengs van 86.4%. Mosenthales was die koper.

MARKVOORUITSIGTE

Die vooruitsig vir die laaste veiling van die somerseisoen is dat die saadpryse steeds onder druk sal wees, en dat pryse op huidige vlakke sywaarts behoort te verhandel. Die laaste veiling van die 2021 Somer seisoen word op 8 Junie 2021 in Port Elizabeth gehou. So berig deur Etienne Bezuidenhout, OVK Sybokhaarbestuurder.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings.  Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSIS

Prices on the sixth (penultimate) Mohair auction of the 2021 Summer season ended lower with good competition between all the buyers.

The decline in OVK average market indicator can largely be attributed to the auction composition of this offering. The large volume of Winter Kid mohair with stronger microns, as well as lower prices for the average type Kid mohair contributed to a decrease in the average price for Kid Mohair.

OVK had a 100% sale clearance. The best price of the day at OVK went to a OVK Bin at R750.10/kg for a bale of Summer Kid mohair! This bale average style of mohair tested 22 microns with a clean yield of 86.4%. Mosenthales was the buyer.

MARKET OUTLOOK

The outlook for the last sale of the summer season is that seed prices will continue to be under pressure, and that prices at current levels should trade sideways. The last auction of the 2021 Summer season will be held on the 8th of June 2021, in Port Elizabeth. So reported by Etienne Bezuidenhout, OVK Mohair Manager.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer