NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CB20_2021

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CB20_2021

geplaas op Wo., 02 Feb. 2022

Cape Wools Merino aanwyser styg met 7.4% en 93.9% van die aanbieding is verkoop / Cape Wools Merino indicator increases by 7.4% and 93.9% of the offering was sold

MARKANALISE

Die 20ste wolveiling van die 2021/2022 seisoen het op 2 Februarie plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 7.4% gestyg teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R182.22/kg gesluit.  Die Australiese EMI het ook met 1.9% versterk teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling, 0.3% swakker verhandel teen die VSA Doller, en ook 0.2% verswak teen die Euro. Die grootste verandering die week, was in die 21.5 mikron segment, met 'n styging van 6.6%. G. Modiano SA het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Standard Wool SA, Lempriere SA  en Tianyu SA.  Daar is in totaal 10 139 bale aangebied, waarvan 93.9% verkoop is.

Op die OVK veiling is 2 941 bale aangebied, waarvan 93.9% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R209.00/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot CL  van 15.8 mikron, uit die skeersel van HJ Nel, vanuit die Grahamstad distrik. Die koper was Standard Wool SA. Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

Die Suid-Afrikaanse wolmark se versterking kan toe geskryf word aan effens die verswakking van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede en veral die heelwat kleinder aanbieding, in vergelyking met die vorige veiling. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 9.1% laer, vergeleke die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen.  Die grootste oorsaak hiervoor, blyk steeds die nadraai van die langdurige droogte, van die afgelope paar jaar te wees.

Volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weereens goeie aandag geniet op die veiling. Gesertifiseerde wol het ook weereens beter presteer as die mark gemiddelde, wat gesonde kompetisie tussen kopers tot gevolg gehad het. Ons nooi produsente uit om te skakel met OVK, om u by te staan in die RWS sertifiseringsproses, want naspeurbaarheid is 'n tendens van die toekoms wat gekom het om te bly. Die volgende veiling is geskeduleer vir 9 Februarie 2022.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSES

The 20th wool auction of the 2021/2022 season took place on 2 February. The Cape Wools Merino indicator increased by 7.4%, compared to the previous sale and closed at a clean price of R182.22/kg.  The Australian EMI also increased by 1.9%, compared to the previous sale. The Rand traded 0.3% weaker against the US Dollar and also lost 0.2% to the Euro, compared to the previous auction. The largest movement on this auction, was an increase of 6.6%, in the 21.0 micron segment. G. Modiano SA was the major buyer on this auction, followed by  Standard Wool SA, Lempriere SA and Tianyu SA. A total of 10 139bales were on offer, of which 93.9% was sold.

On the OVK auction 2 941 bales were offered, of which 93.9% was sold. The highest price on the OVK auction, of R209.00/kg, was achieved for a 1 bale lot CL of 15.8 microns, from the clip of HJ Nel, from the Grahamstown district. The buyer was Standard Wool SA. Congratulations on this achievement! 

FORECAST

The South-African wool market's strengthening, can be attributed to the slight weakening of the Rand against the most important currencies, as well as the significant smaller offering, compared to the previous auction. The receival of wool in the brokers’ stores this week, is 9.1% lower, compared to the same time of the previous season. The main reason for this, might still be an aftermath of the long-term draught, experienced the past few years.

Sustainable certified (RWS), good quality Merino wool, again enjoyed good attention on the auction. Certified wool outperformed the market average, resulted in healthy competition amongst buyers. We again invite farmers to contact OVK for assistance in the RWS certification process, because traceability is a future tendency, that came to stay. The next auction is scheduled for 2 February 2022.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer