NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CB16_2021

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CB16_2021

geplaas op Wo., 01 Des. 2021

Cape Wools Merino aanwyser het onveranderd gebly en 97.5% van die aanbieding is verkoop / Cape Wools Merino indicator stayed unchanged and 97.5% of the offering was sold

MARKANALISE

Die 16de wolveiling van die 2021/2022 seisoen, het op 1 Desember plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het onveranderd gebly teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R175.36/kg gesluit.  Die Australiese EMI het egter met 0.4% versterk teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling, 0.6% swakker verhandel teen die VSA Doller, en ook 1.7% verloor teen die Euro. Die grootste verandering die week, was in die 18.0 mikron segment, met 'n styging van 4.5%. G. Modiano SA het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Standard Wool SA, Lempriere SA en Stucken & Co.  Daar is in totaal 13 831 bale aangebied, waarvan 97.1% verkoop is.

Op die OVK veiling is 3 416 bale aangebied, waarvan 97.5% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R228.00/kg, is behaal vir ‘n 3 baal lot TDRY van 15.9 mikron, uit die skeersel van BPG Langfontein, van die Wakkerstroom distrik. Die koper was Tianyu SA. Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

Die Suid-Afrikaanse wolmark was onveranderd die week en dit kan toegeskryf word aan die sywaartse beweging van die Australiese wolmark en die effense verswakking van Rand teenoor die vernaamste geldeenhede. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 12.2% laer, vergeleke die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen.

Volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weereens goeie aandag geniet op die veiling. Gesertifiseerde wol het ook weereens beter presteer as die mark gemiddelde, wat gesonde kompetisie tussen kopers tot gevolg gehad het. Ons nooi produsente uit om te skakel met OVK, om u by te staan in die RWS sertifiseringsproses, want naspeurbaarheid is 'n tendens van die toekoms wat gekom het om te bly. Die volgende veiling is geskeduleer vir 12 Januarie 2022. Dit is dan ook die eerste veiling van 2022.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSES

The 16th wool auction of the 2021/2022 season, took place on 1 December. The Cape Wools Merino indicator stayed unchanged, compared to the previous sale and closed at a clean price of R175.36/kg.  The Australian EMI increased by 0.4% though, compared to the previous sale. The Rand traded 0.6% weaker against the US Dollar and also lost 1.7% to the Euro, compared to the previous auction. The largest movement on this auction, was an increase of 4.5%, in the 18.0 micron segment. G. Modiano SA was the major buyer on this auction, followed by Standard Wool SA, Lempriere SA and Stucken & Co. A total of 13 831 bales were on offer, of which 97.1% was sold.

On the OVK auction 3 416 bales were offered, of which 97.5% was sold. The highest price on the OVK auction, of R228.00/kg, was achieved for a 3 bale lot TDRY of 15.9 microns, from the clip of BPG Langfontein, from the Wakkerstroom district. The buyer was Tianyu SA. Congratulations on this achievement! 

FORECAST

The South-African wool market remained unchanged this week, this can be attributed to the sideways movement of the Australian wool market and the slight weakening of the Rand against the most influential currencies. The receival of wool in the brokers’ stores this week, is 12.2% lower, compared to the same time of the previous season.

Sustainable certified (RWS), good quality Merino wool, again enjoyed good attention on the auction. Certified wool outperformed the market average, resulted in healthy competition amongst buyers. We again invite farmers to contact OVK for assistance in the RWS certification process, because traceability is a future tendency, that came to stay. The next auction is scheduled for 12 January. This will also be the first auction of 2022.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer