NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CB15_2021

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CB15_2021

geplaas op Wo., 24 Nov. 2021

Cape Wools Merino aanwyser styg met 3.1% en 97.5% van die aanbieding is verkoop / Cape Wools Merino indicator increases by 3.1% and 97.5% of the offering was sold

MARKANALISE

Die 15de wolveiling van die 2021/2022 seisoen, het op 24 November plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 3.1% gestyg teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R175.29/kg gesluit.  Die Australiese EMI het ook met 1.3% versterk teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling, 2.9% swakker verhandel teen die VSA Doller, en ook 2.0% verloor teen die Euro. Die grootste verandering die week, was in die 22.5 mikron segment, met 'n styging van 6.8%. G. Modiano SA het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Standard Wool SA, Tianyu SA en Lempriere SA.  Daar is in totaal 13 464 bale aangebied, waarvan 97.5% verkoop is.

Op die OVK veiling is 4 036 bale aangebied, waarvan 98.8% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R223.60/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot BH van 17.1 mikron, uit die skeersel van P Grobbelaar & Seuns, van die Bethulie distrik. Die koper was Stucken & Co. Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

Die versterking in die Suid-Afrikaanse wolmark kan toegeskryf word aan die verswakking van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede, asook die verbetering in die Australiese wolmark. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 11.6% laer, vergeleke die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen.

Volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weereens goeie aandag geniet op die veiling en het 36% van die Merinowol aanbieding uitgemaak. Gesertifiseerde wol het ook weereens beter presteer as die mark gemiddelde, wat gesonde kompetisie tussen kopers tot gevolg gehad het. Ons nooi produsente uit om te skakel met OVK, om u by te staan in die RWS sertifiseringsproses, want naspeurbaarheid is 'n tendens van die toekoms wat gekom het om te bly. Die volgende veiling is geskeduleer vir 1 Desember 2021, waar sowat 15 982 bale aangebied sal word. Dit is dan ook die laaste veiling van 2021.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSES

The 15th wool auction of the 2021/2022 season, took place on 24 November. The Cape Wools Merino indicator traded 3.1% higher, compared to the previous sale and closed at a clean price of R175.29/kg.  The Australian EMI also increased by 1.3%, compared to the previous sale. The Rand traded 2.9% weaker against the US Dollar and also lost 2.0% to the Euro, compared to the previous auction. The largest movement on this auction, was an increase of 6,8%, in the 22,5 micron segment. G. Modiano SA was the major buyer on this auction, followed by Standard Wool SA, Tianyu SA and Lempriere SA. A total of 13 464 bales were on offer, of which 97.5% was sold.

On the OVK auction 4 036 bales were offered, of which 98.8% was sold. The highest price on the OVK auction, of R223.60/kg, was achieved for a 1 bale lot BH of 17.1 microns, from the clip of P Grobbelaar & Sons, from the Bethulie district. The buyer was Stucken & Co. Congratulations on this achievement!

FORECAST

The strengthening of the South-African wool market, can be attributed to the strengthening of the Australian wool market and the weakening of the Rand against the most influential currencies. The receival of wool in the brokers’ stores this week, is 11.6% lower, compared to the same time of the previous season.

Sustainable certified (RWS), good quality Merino wool, again enjoyed good attention on the auction and made out 36% of the Merino wool offering. Certified wool outperformed the market average, resulted in healthy competition amongst buyers. We again invite farmers to contact OVK for assistance in the RWS certification process, because traceability is a future tendency, that came to stay. The next auction is scheduled for 1 December 2021, where approximately 15 982 bales will be on offer. This will also be the last auction of 2021.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer