NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CB04_2021

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CB04_2021

geplaas op Di., 14 Sep. 2021

Cape Wools Merino aanwyser styg met 1.3% en 97.0% van die aanbieding is verkoop / Cape Wools Merino indicator increases by 1.3% and 97.0% of the offering was sold

MARKANALISE

Die 4de wolveiling van die 2021/2022 seisoen, het op 14 September plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 1.3% gestyg teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R167.16/kg gesluit. Die Australiese EMI het egter met 1.2% verswak teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling, 1.7% sterker verhandel teen die VSA Doller en het ook 1.7% versterk teen die Euro. Die grootste styging van 3% op hierdie veiling, was in die 19.5 mikron segment. G. Modiano SA,  het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Tianyu SA, Standard Wool SA en Lempriere SA. Daar is in totaal 3 747 bale aangebied, waarvan 97.% verkoop is.

Op die OVK veiling is 1 391 bale aangebied waarvan 97.1% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R211.80/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot BBH van 17 mikron, uit die skeersel van GFJ Viljoen Familie Trust, van die Richmond distrik in die Noordkaap.  Die koper was Segard Masurel SA . Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

Die oorwegend sywaartse beweging op hierdie veiling, kan grootliks toegeskryf word aan die volumes goeie kwaliteit volhoubaar gesertifiseerde (RWS) wol in die aanbieding, wat gesorg het vir goeie kompetisie tussen die kopers. As gevolg van die lae volumes wol ontvang die afgelope tyd, is daar besluit om katalogis 6 met een week aan te skuif. Daar sal dus nie 'n veiling wees volgende week nie. Katalogisse 6 en 7 sal dan gelyktydig verkoop word op 29 September.

Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 9.4% laer, vergeleke die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen. Een van die redes vir die laer ontvangstes, kan die gevolg wees van die erge koue wat die afgelope weke ondervind is in groot produksiegebiede en skeertye dus aangepas moes word. Ons nooi weereens produsente uit om te skakel met OVK, om u by te staan in die RWS sertifiseringsproses. Die volgende veiling is geskeduleer vir 15 September 2021.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSES

The 4th wool auction of the 2021/2022 season, took place on 14 September. The Cape Wools Merino indicator traded 1.3% higher, compared to the previous sale and closed at a clean price of R167.16kg. The Australian EMI decreased by 1.2% though, compared to the previous sale. The Rand traded 1.7% stronger against the US Dollar and also gained 1.7% to the Euro, compared to the previous auction. The largest increase on this auction, of 3%, was in the 19.5 micron segment. G. Modiano SA was the major buyer on this auction, followed by Tianyu SA, Standard Wool SA and Lempriere SA. A total of 3 747 bales were on offer, of which 97% was sold.

On the OVK auction 1 391 bales were offered, of which 97.1% was sold. The highest price on the OVK auction, of R211.80/kg, was achieved for a 1 bale lot BBH of 17.0 microns, from the clip of GFJ Viljoen Familie Trust from the Richhmond district in the Northern Cape. The buyer was Segard Masurel SA. Congratulations on this achievement! 

FORECAST

The mainly sideways movement on this sale, can be predominantly attributed to the volumes of good quality sustainable registered (RWS) wool, which was part of the offer, provided healthy competition amongst buyers. Because of the low wool receivals lately, a decision was made to move on catalogue 6 by one week. Therefore no auction will take place next week. Catalogues 6 and 7 will now be on sale simultaneously, on the 29th of September.

The receival of wool in the brokers’ stores this week is 9.4% lower, compared to the same time of the previous season. One of the main reasons for the low receivals could be duo to the recent extremely cold conditions that was experienced in large production areas, which forced farmers to reschedule shearing times. We again invite farmers to contact OVK for assistance in the RWS certification process. The next auction is scheduled for 15 September 2021.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer