NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT S2107_2021

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT S2107_2021

geplaas op Di., 08 Jun. 2021

Sterk wisselkoers het negatiewe effek gehad / Strong exchange rate had negative impact

MARKANALISE

Tydens die laaste Sybokhaarveiling van die 2021 Somer seisoen het die sterk wisselkoers, ondanks goeie kompetisie van die verskillende kopershuise, 'n negatiewe inpak op die veilingspryse gehad.

Kleinbokkiehaar daal met 6% met 'n markaanwyser van R727.78/kg en 100% is verkoop; Die groter volume jongbokhaar met sterker mikrons, het bygedra tot die daling in die gemiddelde prys vir jongbokhaar. Jongbokhaar daal met 5%  met 'n markaanwyser van R497.18/kg en `n verkoopspersentasie van 100%. Fyn grootbokhaar daal met 5% met `n markaanwyser van R361.40/kg terwyl die pryse van sterk grootbokhaar met 1% verbeter het en eindig op R298.56. Daar is 88 % van die grootbokhaar in die veilingslokaal verkoop. Dit het die totale verkope op 91.7% te staan gebring met`n markaanwyser van R373.50/kg wat 5.0% laer is.

Die beste prys van die dag by OVK het gegaan aan OVK bin teen R760.10/kg vir ‘n baaltjie Somer Kleinbokkiehaar! Hierdie baal goeie styl haar het 22.2 mikron getoets met ‘n skoonopbrengs van 85.7%. Samil was die koper.         

MARKVOORUITSIGTE

Die vooruitsig vir die komende seisoen is dat die saadpryse steeds onder druk sal wees en dat bogemiddelde kwaliteit bokhaar goeie aandag sal geniet.Pryse sal grootliks deur wisselkoers, mikron en RMS-Sertifikasie beinvloed word. Die eerste veiling van die 2021 Winter seisoen word op 17 Augustus 2021 in Port Elizabeth gehou. So berig Etienne Bezuidenhout, OVK Sybokhaarbestuurder. 

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings.  Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSIS

During the last Mohair auction of the 2021 Summer season, despite  good competition from the various buyers, the strong exchange rate had a negative impact on the auction prices.

Kid mohair decreased by 6% with a market indicator of R727.78/kg and 100% was sold; The larger volume of young goat mohair with stronger microns, contributed to the decline in the average price for young goat mohair. Young goat mohair decreased by 5% with a market indicator of R497.18/kg and a sales percentage of 100%. Fine adult mohair decreased by 5% with a market indicator of R361.40/kg, while the prices of strong adult mohair improved by 1% and ended at R298.56 with an 88% clearance of the adult mohair. This brought the total sales to 91.7% with a market indicator of R373.50 / kg, which is 5% lower.

The best price of the day at OVK went to an OVK bin at R760.10/kg for a bale of Summer Kid Hair! This bale of good style hair tested 22.2 microns with a clean yield of 85.7%. Samil was the buyer.

MARKET OUTLOOK

The outlook for the coming season is that seed prices will continue to be under pressure and that above-average quality mohair will receive good attention. Prices will be largely influenced by exchange rate, micron and RMS Certification. The first auction of the 2021 Winter season will be held on 17 August 2021 in Port Elizabeth. So reports Etienne Bezuidenhout, OVK Mohair Manager.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer