NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA33_2020

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA33_2020

geplaas op Wo., 02 Jun. 2021

Cape Wools Merino aanwyser styg met 1.7% en 93.95% van die aanbieding is verkoop / Cape Wools Merino indicator increases by 1.7% and 93.95% of the offering was sold

MARKANALISE

Die 33ste wolveiling van die 2020/21 seisoen, het op 2 Junie plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 1.7% gestyg teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R160.22/kg gesluit. Die Australiese EMI het ook met 1.7% versterk teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling, 2.08% sterker verhandel teen die VSA Doller en het ook 2.10% versterk teen die Euro. Die grootste styging van 3.5%, was in die 18 mikron segment. Standard Wool SA het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur G. Modiano SA, Lempriere SA en Tianyu SA. Daar is in totaal 10 844 bale aangebied, waarvan 94% verkoop is.

Op die OVK veiling is 3 304 bale aangebied waarvan 91.6% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R196.00/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot CL van 16.8 mikron, uit die skeersel van E & H Boerdery, vanuit Burgersdorp.  Die koper was Standard Wool SA . Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

Met slegs een veiling in hierdie wolseisoen oor, gesamentlik met die Australiese wolmark se verbetering, verwag ons dat die Suid-Afrikaanse wolmark grootliks sywaarts sal beweeg en selfs effens kan versterk. Die versterking van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede ten spyt, het die SA wolmark 2% beter presteer as die Australiese mark, wat inderdaad positief is. Die vertoning van die plaaslike geldeenheid gedurende die volgende week, sal egter 'n beduidende rol bly speel. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 4.9% hoër vergeleke die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen.

Volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weereens goeie aandag geniet op die veiling en gesorg vir gesonde kompetisie tussen kopers. Ons nooi produsente uit om te skakel met OVK, om u by te staan in die sertifiseringsproses. Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 9 Junie 2021, wat dan ook die laaste veiling van die huidige wolseisoen is.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSES

The 33rd wool auction of the 2020/21 season, took place on the 2nd of June. The Cape Wools Merino indicator traded 1.7% higher, compared to the previous sale and closed at a clean price of R160.22/kg. The Australian EMI also increased by 1.7%, compared to the previous sale. The Rand traded 2.08% stronger against the US Dollar and gained 2.10% to the Euro, compared to the previous auction. The largest increase this week, of 3.5%, was in the 18 micron segment. Standard Wool SA was the major buyer on this auction, followed by G. Modiano SA, Lempriere SA en Tianyu SA. A total of 10 844 bales were on offer, of which 94% was sold.

On the OVK auction 3 304 bales were offered, of which 91.6% was sold. The highest price on the OVK auction, of R196.00/kg, was achieved for a 1 bale lot CL of 16.8 microns, from the clip of E & H Farming from Burgersdorp. The buyer was Standard Wool SA. Congratulations on this achievement! 

FORECAST

With only one auction left in the current wool season, together with the increase in the Australian wool market, we expect to see a sideways movement in the South African wool market and even a slight improvement. In spite of the strengthening of the Rand, compared to the main currencies, the SA wool market performed 2% better than the Australian market, which is very positive indeed. The performance of the local currency during the coming week should keep playing a significant role though. The receival of wool in the brokers’ stores this week is 4.9% higher, compared to the same time of the previous season.

 Sustainable certified (RWS) good quality Merino wool, again enjoyed good attention on the auction and saw healthy competition amongst buyers. We invite farmers to contact OVK for assistance in the certification process. The next wool auction is scheduled for 9 June 2021, which will then be the last auction of the current wool season.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer