NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA32_2020

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA32_2020

geplaas op Wo., 19 Mei 2021

Cape Wools Merino aanwyser daal met 4.0% en 95.7% van die aanbieding is verkoop / Cape Wools Merino indicator decreases by 4.0% and 95.7% of the offering was sold

MARKANALISE

Die 32ste wolveiling van die 2020/21 seisoen, het op 19 Mei plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 4.0% gedaal teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R157.52/kg gesluit. Die Australiese EMI het egter met 0.7% versterk teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling, 2.9% sterker verhandel teen die VSA Doller en het ook 1.2% verbeter teenoor die Euro. Die grootste daling van 5.2%, was in die 19.5 mikron segment. Standard Wool SA het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur G. Modiano SA , Lempriere SA en Stucken & Co. Daar is in totaal 13 459 bale aangebied, waarvan 95.7% verkoop is.

Op die OVK veiling is 3 097 bale aangebied waarvan 90.2% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R200.00/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot BH van 15.8  mikron, uit die skeersel van Kenneth Biggs Trust, vanuit Jansenville.  Die koper was Standard Wool SA . Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

Met slegs twee veilings in hierdie wolseisoen oor, gesamentlik met die Australiese wolmark se verbetering, verwag ons dat die Suid-Afrikaanse wolmark grootliks sywaarts sal beweeg en selfs effens kan versterk. Die prestasie van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede, sal egter ook 'n beduidende rol speel. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 7.0% hoër vergeleke die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen.

Volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weereens goeie aandag geniet op die veiling en gesorg vir gesonde kompetisie tussen kopers. Al meer internasionale klem word gelê op standaarde en is ook hierdie week uitgelig tydens die IWTO kongres, wat steeds aan die gang is. Ons nooi produsente uit om te skakel met OVK, om u by te staan in die sertifiseringsproses. Produsente moet kennis neem dat inweeg vir die nuwe wolseisoen reeds begin het. Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 02 Junie 2021, waar sowat 10 053 bale aangebied sal word.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSES

The 32nd wool auction of the 2020/21 season, took place on 19 May. The Cape Wools Merino indicator traded 4.0% lower, compared to the previous sale and closed at a clean price of R157.52/kg. The Australian EMI increased by 0.7% though, compared to the previous sale. The Rand traded 2.9% stronger against the US Dollar and gained 1.2% to the Euro, compared to the previous auction. The largest decrease this week, of 5.2%, was in the 19.5 micron segment. Standard Wool SA was the major buyer on this auction, followed by G. Modiano SA, Lempriere SA en Stucken & Co. A total of 13 459 bales were on offer, of which 95.7% was sold.

On the OVK auction 3 097 bales were offered, of which 90.2% was sold. The highest price on the OVK auction, of R200.00/kg, was achieved for a 1 bale lot BH of 15.8 microns, from the clip of Kenneth Biggs Trust from Jansenville. The buyer was Standard Wool SA. Congratulations on this achievement! 

FORECAST

With only two auctions left in the current wool season, together with the increase in the Australian wool market, we expect to see a sideways movement in the South African wool market and even a slight improvement. The performance of the Rand, compared to the main currencies, should also play a significant role though. The receival of wool in the brokers’ stores this week is 7.0% higher, compared to the same time of the previous season.

Sustainable certified (RWS) good quality Merino wool, again enjoyed good attention on the auction and saw healthy competition amongst buyers. A lot more international emphasis is placed on standards and was clearly highlighted during this week's IWTO congress, still in progress. We invite farmers to contact OVK for assistance in the certification process.  Producers must take note that weigh-in for the new season has commenced. The next wool auction is scheduled for 02 June 2021 where about 10 053 bales will be on offer.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer