NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA12_2020

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA12_2020

geplaas op Wo., 04 Nov. 2020

Cape Wools Merino aanwyser styg met 7.9% en 96.2% van die aanbieding is verkoop / Cape Wools Merino indicator increases by 7.9% and 96.2% of the offering was sold

MARKANALISE

Die 12de wolveiling van die 2020/21 wolseisoen het hierdie week, op 04 November plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 7.9% gestyg teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R157.17/kg gesluit. Die Australiese EMI het met 7.5% versterk teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmende tyd van die vorige veiling, 1.1% sterker verhandel teen die VSA Dollar en 1.7% versterk teenoor die Euro. Die grootste styging van 10.9%, was in die 21 mikron segment. G.Modiano SA het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Lempriere SA, Standard Wool SA en Stucken & Co. Daar is in totaal 8 163 bale aangebied, waarvan 96.2% verkoop is.

Op die OVK veiling is 2 027 bale aangebied waarvan 95.4% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R173.10/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot BH van 16.8 mikron, uit die skeersel van die JH du Plessis, Trompsburg. Die koper was Stucken & Co. Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

Ten spyte van die die Rand se versterking teenoor die vernaamste geldeenhede en die hernude vlaag van Covid-19 uitbrake in Europa, het die wolmark bo verwagting goed presteer op hierdie veiling. Wat wel 'n invloed op die mark in die kort tot medium termyn kan hê, is die Amerikaanse verkiesingsuitlae, wat bepalend kan wees vir toekomstige handelsbetrekkinge tussen die VSA en China. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 0.2% laer vergeleke die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen.

Volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weereens goeie aandag geniet op die veiling en gesorg vir gesonde kompetisie tussen kopers.  Produsente kan gerus kennis neem hiervan en ook aanvaar dat dit 'n toekomsneiging is wat gekom het om te bly. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 11 November, waar sowat 11 020 bale aangebied sal word.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

 

MARKET ANALYSES

The 12th wool auction of the 2020/21 season took place this week on 04 November. The Cape Wools Merino indicator traded 7.9% higher, compared to the previous sale and closed at a clean price of R157.17/kg. The Australian EMI also increased by 7.5%, compared to the previous sale. Compared to the rate of the previous sale, the Rand traded 1.1% stronger against the US Dollar and 1.7% stronger to the Euro. The largest increase this week, of 10.9%, was in the 21 micron segment. G.Modiano SA was the major buyer on the auction this week, followed by Lempriere SA, Standard Wool SA and Stucken & Co. A total of 8163 bales were on offer, of which 96.2% was sold.

On the OVK auction 2027 bales were offered, of which 95.4% was sold. The highest price on the OVK auction, of R173.10/kg, was achieved for a 1 bale lot BH of 16.8 microns, from the clip of the JH du Plessis, Trompsburg. The buyer was Stucken & Co. Congratulations on this achievement! 

FORECAST

In spite of the strengthening of the Rand against the most important currencies as the renewed outbreaks of Covid-19 in Europe, the wool market performed above expectations on this auction. The elections in the USA could have a significant influence on the market in the short to medium terms though and could be determining on future trade relations between America and China. The receival of wool in the brokers’ stores this week is 0.2% lower, compared to the same time of the previous season.

Sustainable certified (RWS), good quality Merino wool, was in high demand on the auction and enjoyed healthy competition amongst the buyers. Producers have to take note of this and also accept that this is a future trend which has come to stay. We invite farmers to contact OVK for assistance in the certification process. The next wool auction is scheduled for 11 November where 11020 bales will be on offer.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer