NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA08_2020

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA08_2020

geplaas op Wo., 07 Okt. 2020

Die Cape Wools Merino aanwyser styg met 2.4% / The Cape Wools Merino indicator traded 2.4% higher,

MARKANALISE

Die 8ste wolveiling van die 2020/21 wolseisoen het hierdie week, op 7 Oktober plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 2.4% gestyg teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R134.77/kg gesluit. Die Australiese EMI het met 2.6% versterk teenoor die vorige veiling. Die Rand het 1.7% sterker verhandel teen die VSA Dollar en het 1.4% versterk teenoor die Euro, teenoor die ooreenstemmende tyd van die vorige veiling. Die grootste styging van 3.7% was in die 19.5 mikron segment. Standard Wool SA het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur G.Modiano SA, Stucken & Co en Lempriere SA. Daar is in totaal 5 919 bale aangebied, waarvan 93.1% verkoop is.

Op die OVK veiling is 1 984 bale aangebied waarvan 92.3% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R152.10/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot BFH van 16.5 mikron, uit die skeersel van Omega Farming, vanuit Burgersdorp. Die koper was Stucken & Co. Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

Die week se styging kan toegeskryf word aan die versterking van die Australiese mark en die hoër aanvraag vanuit China vir beter Merino wol, wat tot 'n hoogs kompeterende mark gelei het. Dit was ten spyte van die Rand wat teen die vernaamste geldeenhede versterk het. Die vooruitsig op die kort tot medium termyn, is dat die vraag uit China kan toeneem, vanweë stimulasie in die ekonomie na die Covid-19 pandemie. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 6.0% laer as die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen.

Volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weereens goeie aandag geniet op die veiling en gesorg vir gesonde kompetisie tussen kopers.  Produsente kan gerus kennis neem hiervan en ook aanvaar dat dit 'n toekomsneiging is wat gekom het om te bly. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 14 Oktober, waar sowat 7 545 bale aangebied sal word.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

 

MARKET ANALYSES

The 8th wool auction of the 2020/21 season took place this week on 7 October. The Cape Wools Merino indicator traded 2.4% higher, compared to the previous sale and closed at a clean price of R134.77/kg. The Australian EMI also increased by 2.6%, compared to the previous sale. The Rand traded 1.7% stronger against the US Dollar and 1.4% stronger to the Euro, compared to the rate of the previous sale. The largest increase this week, of 3.7%, was in the 19.5micron segment. Standard Wool SA was the major buyer on the auction this week, followed by G.Modiano SA, Stucken & Co and Lempriere SA. A total of 5 919 bales were on offer, of which 93.1% was sold.

On the OVK auction 1 984 bales were offered, of which 92.3% was sold. The highest price on the OVK auction, of R152.10/kg, was achieved for a 1 bale lot BFH of 16.5 microns, from the clip of Omega Farming, from Burgersdorp. The buyer was Stucken & Co. Congratulations on this achievement! 

FORECAST

This week's increase can be attributed to the stronger Australian market and the increased demand from China for better Merino wool, resulting in a highly competitive market. This was in spite of the Rand strengthening against the main currencies. The expectations for the short to medium term, is that demand from China might increase because of the stimulation of their economy after the Covid-19 pandemic. The receival of wool in the brokers’ stores this week, is 6.0% lower, compared to the same time of the previous season.

Sustainable certified (RWS), good quality Merino wool, was in high demand on the auction and enjoyed healthy competition amongst the buyers. Producers have to take note of this and also accept that this is a future trend which has come to stay. We invite farmers to contact OVK for assistance in the certification process. The next wool auction is scheduled for 14 October where 7 545 bales will be on offer.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer