NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CV21_2020

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CV21_2020

geplaas op Vr., 28 Feb. 2020

Hierdie week het die SA wolmark weer verbeter, in vergelyking met die vorige veiling / This week saw the SA wool market trading higher again, compared to the previous auction.

MARKANALISE

Die 21ste wolveiling van die 2019/20 seisoen het hierdie week plaasgevind en die Cape Wools aanwyser het met 1.8% en 325 punte hoër verhandel en teen 'n skoonprys van R184.82/kg gesluit. In Australië het geen wolveilings hierdie week plaasgevind nie, weens probleme wat ondervind is met hulle rekenaar sagtewarestelsel. Die Rand het hierdie week 1.5% swakker verhandel teen die VSA Doller en 2.9% swakker teen die Euro, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling. Goeie kwaliteit Merino vagwol en veral die fyner tipes, het goed presteer en gesorg vir gesonde mededinging onder kopers. ‘n Groot gedeelte van die aanbieding het bestaan uit nie-Merino-en kruisraswolle. Die grootste styging hierdie week van 4.1%, was in die 22.5 mikron segment. Modiano het hierdie week die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Standard Wool, Lempriere SA en Stucken.

Daar is in totaal 9222 bale aangebied, waarvan 94.3% verkoop is. Op die OVK veiling is 2902 bale aangebied waarvan 85.00% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling van R157.60/kg is behaal vir ‘n 1 baal lot ANKS van 16.9 mikron, uit die skeersel van BPG Langfontein van Wakkerstroom. Die koper was Lempriere SA. Baie geluk met die prestasie!

Vooruitsigte

Hierdie week het die SA wolmark weer verbeter, in vergelyking met die vorige veiling. Die swakker Rand het bygedra tot die styging in die mark. Die volume wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is in totaal 6.25% hoër as die ooreenstemmende week van die vorige seisoen. Die droogte in groot produksiegebiede is egter nog nie gebreek nie en OVK nooi produsente steeds uit om ons te skakel rakende voorskotte op vesel gelewer, asook produksielenings, wat verlang mag word. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur van OVK. Skakel gerus met ons veselkantoor in Port Elizabeth of met u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Besoek ook gerus die OVK webtuiste vir meer besonderhede.

Volhoubaarheid en naspeurbaarheid raak al belangriker en produsente sal ernstige oorweging moet skenk aan hierdie neiging, ten einde internasionale mededinging in die toekoms te verseker. Verbruikers vra nie net meer nie, maar vereis dat die verskaffing van vesel vry is van twyfelagtige praktyke. OVK is inderdaad gerat om u by te staan in die voldoening van standaarde en dus, die sertifisering van RWS (Responsible Wool Standards) en ook eersdaags RMS (Responsible Mohair Standards).

Produsente moet steeds verseker dat bio-sekuriteit ten alle tye prioriteit geniet, ten einde kuddes te beskerm. Lande soos China, te midde van die Coronavirus uitbraak, raak strenger by die dag betreffende gesondheidsvereistes en dus ook bio-sekuriteit. Deur die nodige inentings en strategiese behandelings te doen, kan siektetoestande en parasietbesmetting suksesvol bestuur word. Boere, in veral somerreënval gebiede, wat goeie neerslae ontvang het moet ook bedag wees op besmetting van inwendige parasiete, soos haarwurm en neuswurm. ‘n Praktyk wat gerus gevolg kan word, is die ontleding van mismonsters vir die bepaling van eiertellings, ter idenstifisering van die betrokke rondewurms en die intensiteit van besmetting. Die Famacha metode kan ook gebruik word as hulpmiddel om die intensiteit van bloedsuiende parasiete te bepaal. Dit sal dan ook van hulp wees in die keuse van behandeling. Indien enige verdere vrae in hierdie verband, skakel gerus met u veearts. Verseker ook dat kuddes behoorlike sorg geniet in terme van voeding, veral tydens paar-en lamtye. U naaste OVK handelstak sal in u dieregesondheid, sowelas dierevoedingsbehoeftes voorsien. Besoek ons gerus.

Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 5 Maart 2020 waar sowat 12065 bale aangebied sal word. Hierdie verslag deur Heinrich Victor, Bemarkingsbestuurder Vesel – OVK.

MARKET ANALYSES

The 20th wool auction of the 2019/20 season took place this week and the Cape Wools Merino indicator traded 1.8% and 325 points higher and closed at a clean price of R184.82/kg. Australia had no sale this week, because of difficulties experienced in their computer software systems. The Rand traded 1.5% weaker against the US Dollar this week and 2.9% weaker against the Euro, compared to the previous sale. Good quality Merino fleeces, especially the finer types, performed well and saw healthy competition amongst buyers. A large portion of the offering though, consisted of non-merino and crossbred wools. The largest increase this week of 4.1% was in the 22.5micron segment. Modiano was the major buyer on the auction this week, followed by Standard Wool, Lempriere SA and Stucken.

A total of 9222 bales were on offer, of which 94.3% was sold. On the OVK auction 2902 bales were offered of which 85.00% was sold. The highest price of R157.60/kg was achieved for a 1 bale lot ANKS of 16.9 microns, from the clip of BPG Langfontein from Wakkerstroom. The buyer was Lempriere SA. Congratulations on the achievement! 

FORECAST

This week saw the SA wool market trading higher again, compared to the previous auction. The weaker Rand contributed to the increase in the market. The volumes of wool received in the stores of the brokers this week, are accumulatively 6.25% higher compared to the same week of the previous season, which is positive news. The drought in large production areas is not broken yet though and therefore OVK wants to still invite our producers to contact us if any advances on fibre delivered, or production financing is needed. Also learn more about OVK’s exciting new commission structure. Please call our fibre office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. The OVK website can also be visited for more details. OVK is committed to assist our producers to the best of our ability in good as well as difficult times.

Sustainability and traceability are becoming more important and producers will have to give consideration to this trend, in order to ensure international competition in future. Consumers don’t just ask anymore, but demand that supply of wool must be free of doubtful practices. OVK is indeed geared to assist you in the certification of RWS (Responsible Wool Standards) and also soon RMS (Responsible Mohair Standards), in the mohair industry.

Care is required from producers to ensure that bio-security enjoys priority, in order to protect flocks at all times. Countries like China, amid the Corona virus outbreak, are becoming stricter by the day in term of health requirements and therefore bio-security. By performing the necessary vaccinations and strategic treatments, diseases and parasite infestations can be managed successfully. Farmers, in especially the summer rainfall areas, who received substantial showers, have to be aware of internal parasite infestation such as wire worm and nasal bot. A practice which can be followed, is the analysis of dung samples for the determination of egg counts, for the identification of the round worms involved and the intention of the infestation. The Famacha method can also be used as an aid to determine the intensity of blood sucking parasites. That will also be of aid in the choice of treatment. If you have any uncertainty in this regard, call on your local veterinarian. Also ensure that flocks are cared for properly in terms of feeding, especially close to mating and lambing. Your nearest OVK trade branch will provide in your vaccination, dosing and dipping treatments, as well as feeding needs. Please visit us.

The next wool auction is scheduled for 5 March 2020 where 12065 bales will be on offer. This report by Heinrich Victor, Marketing Manager Fibre – OVK.   


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer