NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CV19_2020

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CV19_2020

geplaas op Vr., 14 Feb. 2020

Hierdie week het die SA wolmark weer ietwat verbeter, in vergelyking met die vorige veiling / This week saw the SA wool market trading slightly higher, compared to the previous auction

MARKANALISE

Die 19de wolveiling van die 2019/20 seisoen het hierdie week plaasgevind en die Cape Wools aanwyser het met 0.4% en 65 punte hoër verhandel en teen 'n skoonprys van R178.06/kg gesluit. Die Australiese EMI het met 0.6% gedaal. Die Rand het hierdie week 0.8% swakker verhandel teen die VSA Doller en 0.2% sterker teen die Euro, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling. Goeie kwaliteit Merino vagwol en veral die fyner tipes, het goed presteer en gesorg vir gesonde mededinging onder kopers. Daar is egter ‘n beperkte hoeveelheid korter tipes aangebied. Die grootste styging hierdie week van 3.7%, was in die 21.5 mikron segment. Lempriere SA het hierdie week die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Standard Wool, Modiano en Segard Masurel. Daar is in totaal 5488 bale aangebied, waarvan 93.8% verkoop is. Op die OVK veiling is 1600 bale aangebied waarvan 93.9% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling van R158.60/kg is behaal vir ‘n 1 baal lot AH van 16.6 mikron, uit die skeersel van Sonop Trust van Smithfield. Die koper was Lempriere SA. Baie geluk met die prestasie!

VOORUITSIGTE

Hierdie week het die SA wolmark weer ietwat verbeter, in vergelyking met die vorige veiling. Die swakker Rand het bygedra tot die styging in die mark en beter as die Australiese mark presteer. Die volume wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is in totaal 3.5% hoër as die ooreenstemmende week van die vorige seisoen, wat uiteraard positiewe nuus is. Die droogte in groot produksiegebiede is egter nog nie gebreek nie en OVK nooi produsente steeds uit om ons te skakel rakende voorskotte op vesel gelewer, asook produksielenings, wat verlang mag word. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur van OVK. Skakel gerus met ons veselkantoor in Port Elizabeth of met u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Besoek ook gerus die OVK webtuiste vir meer besonderhede. OVK is verbind daartoe om sy produsente by te staan na die beste van ons vermoë in goeie, sowel as moeilike tye.

Die bewuswording van standaarde in bykans alle industrieë wêreldwyd, word ‘n al groter realiteit en dus ook in die veselindustrie. Volhoubaarheid en naspeurbaarheid is gonswoorde op almal se lippe en produsente sal ernstige oorweging moet skenk aan hierdie neiging, ten einde internasionale mededinging in die toekoms te verseker. Verbruikers vra nie net meer nie, maar vereis dat die verskaffing van vesel vry is van twyfelagtige praktyke. OVK is inderdaad gerat om u by te staan in die voldoening van standaarde en dus, die sertifisering van RWS (Responsible Wool Standards) en ook eersdaags RMS (Responsible Mohair Standards).

Te midde van die Coronavirusuitbraak in China, reageer die wolmark tot op hede nog redelik stabiel, soos weereens bewys is in die huidige markbeweging. Produsente moet steeds sorg aan die dag lê om te verseker dat bio-sekuriteit ten alle tye prioriteit geniet, ten einde kuddes te beskerm. Siektes soos slenkdalkoors, bloutong, karooverlamming, bek-en klouseer, ens., moet met erns bejeën word en die nodige voorsorg moet getref word om hierdie siektes te bekamp, om gevolglike ekonomiese verliese so ver moontlik uit te skakel. Deur die nodige inentings en strategiese dippings te doen, kan genoemde toestande suksesvol bestuur word. Boere, in veral somerreënval gebiede, wat goeie neerslae ontvang het moet ook bedag wees op besmetting van inwendige parasiete, soos haarwurm en neuswurm. Dit is belangrik om kennis te dra van die simptome van sodanige besmettings, sodat daar so spoedig moontlik opgetree kan word. ‘n Praktyk wat gerus gevolg kan word, is die ontleding van mismonsters vir die bepaling van eiertellings, ter idenstifisering van die betrokke rondewurms en die intensiteit van besmetting. Dit sal dan help in die keuse van behandeling. Indien enige vrae in die verband, skakel gerus met u veearts. U naaste OVK handelstak sal in u enstof, doseermiddel-en dipbehoeftes voorsien. Besoek ons gerus.

Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 20 Februarie 2020 waar sowat 9973 bale aangebied sal word. Hierdie verslag deur Heinrich Victor, Bemarkingsbestuurder Vesel – OVK

MARKET ANALYSES   

The 19th wool auction of the 2019/20 season took place this week and the Cape Wools Merino indicator traded 0.4% and 65 points higher and closed at a clean price of R178.06/kg. The Australian EMI decreased by 0.6%. The Rand traded 0.8% weaker against the US Dollar this week and 0.2% stronger against the Euro, compared to the previous sale. Good quality Merino fleeces, especially the finer types, performed well and saw healthy competition amongst buyers. There was a limited offer of shorter wool. The largest increase this week of 3.7% was in the 21.5 micron segment. Lempriere SA was the major buyer on the auction this week, followed by Standard Wool,  Modiano, and Segard Masurel. A total of 5488 bales were on offer, of which 93.8% was sold. On the OVK auction 1600 bales were offered of which 93.9% was sold. The highest price of R158.60/kg was achieved for a 1 bale lot AH of 16.6 microns, from the clip the Sonop Trust from Smithfield. The buyer was Lempriere SA. Congratulations on the achievement!

FORECAST

This week saw the SA wool market trading slightly higher, compared to the previous auction. This weaker Rand contributed to the increase in the market and resulted in a better performance than the Australian market. The volumes of wool received in the stores of the brokers this week, are accumulatively 3.5% higher compared to the same week of the previous season, which is positive news. The drought in large production areas is not broken yet though and therefore OVK wants to still invite our producers to contact us if any advances on fibre delivered, or production financing is needed. Also learn more about OVK’s exciting new commission structure. Please call our fibre office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. The OVK website can also be visited for more details. OVK is committed to assist our producers to the best of our ability in good  as well as difficult times.

Awareness of standards in almost all industries world-wide, is becoming a more significant reality and therefore also in the fibre industry. Sustainability and traceability are buzzwords on everyone’s lips and producers will have to give consideration to this trend, in order to ensure international competition in future. Consumers don’t just ask anymore, but demand that supply of wool must be free of doubtful practices. OVK is indeed geared to assist you in the certification of RWS (Responsible Wool Standards) and also soon RMS (Responsible Mohair Standards), in the mohair industry.

Amid the Corona virus outbreak in China, the wool market is still stable, as proofed in the current market movement of this week. Care is required from producers to ensure that bio-security have to enjoy priority in order to protect flocks at all times. Diseases such as Rift Valley Fever, Blue Tongue, Karoo Paralysis, Foot and Mouth disease, etc., have to be taken seriously and the necessary precautions have to be taken to prevent these diseases, in order to avoid resulting economic losses. By performing the necessary vaccinations and strategic dipping, the mentioned conditions can be managed successfully. Farmers, in especially the summer rainfall areas, who received substantial showers, have to be aware of internal parasite infestation such as wire worm and nasal bot. it is important to be familiarised by the symptoms of such infestations, in order to react as prompt as possible. A practice which can be followed, is the analysis of dung samples for the determination of egg counts, for the identification of the round worms involved and the intention of the infestation. That will be of aid in the choice of treatment. If you have any uncertainty in this regard, call on your local veterinarian. Your nearest OVK trade branch will provide in your vaccination, dosing treatments and dipping needs. Please visit us.

The next wool auction is scheduled for 20 February 2020 where 9973 bales will be on offer. This report by Heinrich Victor, Marketing Manager Fibre – OVK.           


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer