NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT S2105_2021

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT S2105_2021

geplaas op Di., 11 Mei 2021

Goeie mededinging tussen al die kopershuise / Good competition between all the buyers.

MARKANALISE

Die vyfde Sybokhaarveiling van die 2021 Somer seisoen het goed verloop met goeie mededinging tussen al die kopershuise. Weens die groot volume haar wat aangebied is, is die veiling oor twee dae gehou.

Kleinbokkiehaar daal met 2.8% met `n markaanwyser van R661.15/kg en 100% is verkoop; jongbokhaar was in verkopersguns en is 5.7% beter met `n markaanwyser van R447.16/kg en `n verkoopspersentasie van 98.5%. Grootbokhaar was ook in verkopersguns gewees en styg met 4.5% met `n markaanwyser van R293.15/kg en 97.6% is verkoop. Dit het die totale verkope op 98.5% te staan gebring met`n markaanwyser van R396.38/kg wat 2.3% beter is.

Die beste prys van die dag by OVK het gegaan aan Jacobskraal Boerdery van Beaufort-Wes teen R850.00/kg vir ‘n baaltjie Somer Kleinbokkiehaar! Hierdie baal se gemiddelde styl haar het 23.9 mikron getoets met ‘n skoonopbrengs van 82.1%. Suedwolle was die koper.

MARKVOORUITSIGTE

Die vooruitsig vir die komende seisoen is dat die saadpryse steeds onder druk sal wees en dat jong bokhaar en fyner tipes (alle fyn tipes) goeie aandag sal geniet, en dat pryse op huidige vlakke sywaarts behoort te verhandel. Die sesde veiling van die 2021 Somer seisoen word op 25 Mei 2021 in Port Elizabeth gehou. So berig Etienne Bezuidenhout, OVK Sybokhaarbestuurder.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings.  Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSIS

The fifth Mohair auction of the 2021 Summer season went well with good competition between all the buyers. Due to the large volume of hair that was offered, the auction was held over two days.

Kid Mohair decreased by 2.8% with a market indicator of R661.15/kg and 100% was sold; Young Goat hair was in seller favor and is 5.7% better with a market indicator of R447.16/kg and a sales percentage of 98.5%. Adult mohair was also in seller favor and increased by 4.5% with a market indicator of R293.15/kg and 97.6% was sold. This brought the total sales to 98.5% with a market indicator of R396.38/kg which is 2.3% better.

The best prize of the day at OVK went to Jacobskraal Boerdery from Beaufort west at R850.00/kg for a bale of Summer Kid ! This bale average style of hair tested 23.9 microns with a clean yield of 82.1%. Suedwolle was the buyer.

MARKET OUTLOOK

The outlook for the coming season is that seed-price prices will continue to be under pressure and that young goat hair and finer types (all fine types) will receive good attention, and that prices at current levels should trade sideways. The sixth auction of the 2021 Summer season, will be held on 25th May 2021, in Port Elizabeth. So reports Etienne Bezuidenhout, OVK Mohair Manager.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer