NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
Neuman Broers bied puik veiling aan

Neuman Broers bied puik veiling aan

geplaas op Ma., 05 Aug. 2019

Die Neuman Broers het ‘n baie goeie veiling op 1 Augustus buite Vrede aangebied. Al die diere wat aangebied is, is verkoop.

Die Neuman Broers het ‘n baie goeie veiling op 1 Augustus buite Vrede aangebied.  Al die diere wat aangebied is, is verkoop.  

88 Ramme is vir ‘n gemiddelde prys van R15 039 verkoop.  ‘n Goeie aantal 498 ooie is vir  ‘n gemiddelde prys van R2432 verkoop.  

Jacob Cilliers en Pieter Bezuidenhout het met die beste twee ramme van die veiling weggeloop.  Die bod is op onderskeidelik R55 000 en R52 000 toegeslaan.

Andrew Miller het as afslaer van die Merinos opgetree. 

Die gemiddelde prys vir 49 bulle was R66 810 en 99 verse het ‘n gemiddelde prys van R15 816 behaal.  Die bod vir die duurste bul is op Jan van Niekerk en Seuns van Amersfoort toegeslaan.  Hierdie gesogte bul het ‘n prys van R200 000 behaal.  Die 8 duurste bulle se pryse het gewissel van R100 000 tot en met R170 000.

Deon Klopper was die afslaer tydens die veiling van die bulle terwyl PM Swart van OVK as afslaer van die verse opgetree het.  Die veiling is met die hulp van OVK aangebied.

 


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Kalender

Kalender
Kalender
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Desember 2019
OVK Nuus Desember 2019
Adverteer Hier Lees Meer