KENNISGEWINGS

  Alle betekeninge van regskennisgewings word slegs op die volgende e-pos adresse as korrekte betekeninge aanvaar: ericav@ovk.co.za en dirkdp@ovk.co.za        

NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
SYBOKHAAR BOER STEL NUWE WERELD REKORD OP

SYBOKHAAR BOER STEL NUWE WERELD REKORD OP

geplaas op Wo., 06 Mrt. 2019

Willem Wagener, van die plaas Koenielaagte in die Willowmore distrik het ‘n rare nuwe dubbele rekord geslaan op die sybokhaar veiling die afgelope week (5 Maart) in Port Elizabeth.

Willem Wagener, van die plaas Koenielaagte in die Willowmore distrik het ‘n rare nuwe dubbele rekord geslaan op die sybokhaar veiling die afgelope week (5 Maart) in Port Elizabeth. Op die 4de September 2018 het hy die wêreldrekordprys vir grootbokhaar behaal teen R390.10/kg. Op die jongste veiling het hy nou ook die wêreldrekordprys vir ‘n baal somer jongbokhaar behaal teen R530.00/kg! Nou is hy die trotse eienaar van twee wêreldrekordpryse ter gelyke tyd. Die koper was Ken Reed van New England vir ‘n Italiaanse kliënt. Die baal jongbokhaar het 25.4 mikron getoets met ‘n skoonopbrengs van 81.4%. Pierre van der Vyver, Bestuurder Sybokhaar by OVK berig dat dit ‘n uitstekende veiling was, gekenmerk deur goeie aanvraag uit Europa, veral vir die fyner, hoë kwaliteit bale. Geen wonder Michelle Obama is gesien in ‘n uitrusting gemaak van die hoë kwaliteit matriaal nie!


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Video
OVK Video
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Kalender

Kalender
Kalender
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart 2019
OVK Nuus Maart 2019
Adverteer Hier Lees Meer