KENNISGEWINGS

  Nuwe en gebruikte voertuie by Toyota Ladybrand, Toyota Ficksburg en Toyota De Aar beskikbaar. Kliek hier        

NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
MEDIAVERKLARING – OVK FINANSIëLE RESULTATE

MEDIAVERKLARING – OVK FINANSIëLE RESULTATE

geplaas op Vr., 27 Jul. 2018

OVK presteer weereens danksy diversifikasie

MEDIAVERKLARING – OVK FINANSIëLE RESULTATE

OVK presteer weereens danksy diversifikasie

Die landboumaatskappy Oos-Vrystaat Kaap Bedryf Beperk (OVK) het hul finansiële resultate vir 28 Februarie 2018 vrygestel en bekendgemaak dat ? rekordwins voor belasting en lojaliteitskema uitkerings van R261.6 miljoen behaal is.  Dit dui op ? styging van 25.5% teenoor die vorige jaar.  Die omvang van besigheid gedoen die afgelope jaar het R 9.1 miljard beloop.

OVK se diversifikasie, beide geografies asook die verskillende besigheidseenhede maak dit een van die mees stabiele en kerngesonde landboubesighede in Suid-Afrika.

OVK is trots daarop dat die meeste van sy aandeelhouers bona-fide landbouprodusente is en dat die hoeveelheid aandeelhouers aan die einde van die 2018 boekjaar tot 12 231 gegroei het.  Volgens statistieke het Suid-Afrika huidig ongeveer 40 000 kommersiële boere, waarvan nagenoeg 30% dus aandeelhouers in OVK is.  

OVK se aandeelpryse styg deurlopend en dit word ondersteun deur ? goeie en konstante winsgeskiedenis.  Deur middel van die lojaliteitskema en dividende is daar die afgelope jaar meer as R70 miljoen aan OVK se landbouprodusente en aandeelhouers uitbetaal.

Volgens mnr Stefan Oberholzer, Besturende Direkteur, is OVK dankbaar teenoor die Hemelse Vader en ook elke kliënt vir die jaar se volgehoue ondersteuning.  “Ons is opgewonde oor Landbou in Suid-Afrika en ook die jaar wat voorlê.  OVK gaan voortgaan om op sy kernbedrywighede te fokus en sal ook nuwe geleenthede ontgin waar moontlik”.

‘n Volledige verslag is op OVK se webtuiste (www.ovk.co.za ) beskikbaar.


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Video
OVK Video
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Kalender

Kalender
Kalender
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus September 2018
OVK Nuus September 2018
Adverteer Hier Lees Meer