NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
Pannar se koring kraai koning

Pannar se koring kraai koning

geplaas op Do., 15 Des. 2016

Twee van Pannar se koringkultivars het koning gekraai in OVK se proewe.

Pannar se koring kraai koning

Deur Johan Norval
14 Desember 2016

Twee van Pannar se koringkultivars het koning gekraai in OVK se proewe. 

Twee besproeiingskultivars van Pannar het die beste in OVK se koringproewe in die distrik Hopetown gevaar.

Dit is die vyfde agtereenvolgende jaar dat OVK strookproewe vir sy produsente aanplant waarvan PAN3471 vier keer die hoogste opbrengs opgelewer het. Vanjaar was dié kultivar se opbrengs 10,41 ton/ha, gevolg deur PAN3515 (10,35 ton/ha).

Die kultivar met die derde hoogste opbrengs was Krokodil van K2 (10,29 ton/ha), gevolg deur PAN3623 en PAN3479. Die opbrengs van drie K2-kultivars, SST866, SST895 en SST875 het gewissel van 10,2 ton/ha tot 9,9 ton/ha.

Mnr. Dirk Gunter, bestuurder van OVK se landboukundige dienste, sê die hoë opbrengs was uitstekend, gegewe die beperkte produksieomstandighede van die voorafgaande seisoen.


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart 2022
OVK Nuus Maart 2022
Adverteer Hier Lees Meer