OVK Groep Lojaliteitskema

Lees Meer Oor Ons Groep Lojaliteitskema

50% VERHOGING IN OVK LOJALITEITSKORTING

Dit is aangenaam om u mee te deel dat die direksie dit goedgekeur het dat vanaf 1 Maart 2017 die lojaliteitskorting van ± 10% van OVK Groep se netto wins verhoog na ±15% van OVK Groep se netto wins.  Dit impliseer ‘n 50% verhoging in die totale waarde wat bona fide produsente maandeliks deur middel van die lojaliteitskorting ontvang as erkenning vir u lojale ondersteuning, voorwaar iets om in gedagte te hou wanneer u aankope wil doen en/of produkte wil lewer.

Aankope waarop u lojaliteitskorting verdien is: 

-  Alle Handelstak besigheid (voorraad en direkte bestellings);
-  Meganisasie (onderdele en heelgoedere);
-  Versekering (korttermyn en oesversekering);
-  Toyota agentskap aankope (nuwe en gebruikte voertuie); 
-  Lewendehawe besigheid (koop of verkoop indien u die kommissie betaal); 
-  Graan in OVK Silo’s gelewer asook Graan deur OVK bemark; 
-  Lusern en Ruvoer aan OVK gelewer;
-  Wol en Bokhaar aan OVK gelewer;
-  Beeste en skape aan Gariep Abattoir voorsien;

Onthou dat u ook ‘n verdere 25 sent per liter op dieselaankope kry wat u by ‘n OVK vulstasie/handelstak (nie depots) ingooi.


Lojaliteitskema

Die Doel

Om produsente te beloon vir hul lojale ondersteuning by wyse van ’n lojaliteitsvoordeel wat omgeskakel word in OVK aandele met verskeie voordele oor die langtermyn.

Hoe werk dit?

-  Bona fide boere ontvang maandeliks ’n lojaliteits-voordeel op die bruto wins bedrag van hul besigheid met OVK gedoen.
-  U aandeelhouerslening (Leningsrekening A) word met hierdie voordeel gekrediteer.
-  Die geld in leningsrekening A, word maandeliks aangewend om OVK Beherend- en/of OVK Bedryfs-aandele namens u aan te koop.
-  Binne drie maande vandat die lojaliteitsvoordeel u toegeval het, word hierdie bedrag omgeskakel in OVK aandele.

Wat maak die skema uniek?

Kliënte verkry hierdeur eienaarskap van OVK. Daar rus geen verpligting op kliënte om die aandele te behou nie. Hierdie aandele is beskikbaar vir onmiddellike verhandeling.

Aandeelverhandeling (koop of verkoop) kan elektronies op die OVK webtuiste www.ovk.co.za gedoen word.

Indien u nie toegang tot internet het nie, kan u Maandag tot Vrydag, tussen 08h00 tot 17h00, die landlyn  051 923 4516 skakel, waar u van die nodige hulp voorsien sal word.

Voordele

-  U ontvang ‘n lojaliteitsvoordeel op aankope en produklewering.
-  Die geldwaarde ten opsigte van u lojaliteitsvoordeel word maandeliks aan u toegeken en verskyn elke maand op u staat.
-  U verkry ook ‘n moontlike voordeel by wyse van die groei in die waarde van die aandele met gepaardgaande sekuriteitswaarde.
-  U ontvang ook dividende op u aandele wat u op jaareinde besit, indien ‘n dividend verklaar word.

Transaksies waarop voordeel verdien word:

-  Lewering van wol en sybokhaar;
-  Grootmaat dieselaankope by OVK verspreidings-punte;
-  Graanlewering en en die bemarking daarvan;
-  Handelstakaankope (voorraad asook direkte bestellings);
-  Lewendehawe aankope of verkope, waar u die kommissie betaal;
-  Toyota agentskappe in Ladybrand en Ficksburg (voertuigaankope en onderdele);
-  Versekering (korttermyn- en oesversekering);
-  Meganisasie (landbouwerktuie en onderdele);
-  Lewering van lusern en ruvoer.

Navrae

Kontak gerus ons Klantediens op 051 923 4598 of [email protected] vir verdere navrae.



Nuuste nuus en gebeure/Latest news and events


Nuuste nuus en gebeure/Latest news and events

Lees Meer

Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer