Logistiek

Lees Meer oor PRODUKTE EN DIENSTE
Logistiek

Logistiek

Vinniger, beter en betroubaar.

OVK Logistiek het ten doel om produkte vinniger en teen ’n kompeterende tarief by bestemmings te lewer. Dit verseker ’n meer koste-doeltreffende diens aan OVK en sy kliënte.

’n Uitgebreide sub-kontrakteursvloot kan bykans enige losmaat- en/of gesakte produk van die meeste groot leweransiers af tot by die kliënt vervoer. Die groot verskeidenheid voertuie, asook die groot netwerk, verseker dat die beste tariewe beding kan word.

 Alle ad hoc-besigheid word hanteer – van plaaslike verspreiding tot nasionale langpadvervoer. Sodoende word ’n volhoubare kompeterende voorsprong verkry. OVK Logistiek oorbrug die uitdagings namens kliënte deur die vervoer van ‘n wye verskeidenheid produkte of insette.

E-POS:
[email protected]